
Die skade Woensdagoggend by ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) se aanleg in Vanderbijlpark. (Foto: Numsa/Facebook)
Drie werkers word vermis ná ’n ontploffing Woensdag in die vroeë oggendure by ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) se aanleg in Vanderbijlpark.
Kabelo Ramokhathali, Sedibeng-streeksekretaris van die metaalwerkersvakbond Numsa, sê die ontploffing het omstreeks 02:00 plaasgevind. Daar word in dié stadium gevrees dat die vermiste werkers onder die puin vasgekeer is.
Die nooddienste was Woensdagoggend op die toneel en het probeer om ʼn manier te vind om die werkers veilig uit die gebou te kry, sonder om nóg ʼn ontploffing te veroorsaak.
Amptenare van Numsa staan die familielede van die vermiste werkers in dié stadium by.
Die oorsaak van die ontploffing is nie in dié stadium bekend nie en Maroela Media probeer nog om ʼn verteenwoordiger van ArcelorMittal vir kommentaar in die hande te kry.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Dit is baie hartseer.Ek hoop en bid hulle word lewend gevind.Sterkte aan hulle families.
Met die ervare personeel wat uitgewerk is, het ArcelorMittal ook sy veiligheidstandaarde verloor.