Drie vermis, nog 3 verdrink toe vloedwater trekker meesleur

Argieffoto ter illustrasie. Foto: Pixabay.com.

Drie mense word steeds vermis nadat die trekker waarop hulle gereis het die afgelope naweek deur vloedwater meegesleur is.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die voorval het Sondag omstreeks 17:00 die Rawsonville-omgewing in die Wes-Kaap plaasgevind toe daar volgens berigte agt mense op ʼn trekker ʼn rivier probeer oorsteek het.

Dit is onduidelik of daar van ʼn brug gebruik gemaak is of nie.

“Hulle is deur die water meegesleur en ses mense, drie kinders en drie volwassenes, het verdrink. Twee is ongeskonde,” het Rwexana gesê.

Sy het bygevoeg dat die liggame van twee kinders, albei ses jaar oud, en ʼn volwassene in sy 30’s, Dinsdag deur polisieduikers uit die rivier gehaal is.

Die polisie se duikeenheid soek vandag saam met lede van die gemeenskap voort na die ander drie persone.

Geregtelike doodsondersoeke word gedoen.

Maroela Media het Sondag berig ʼn sterk kouefront het swaar reënval in Kaapstad veroorsaak wat tot wydverspreide oorstromings in die stad gelei het.

Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer en stedelike ontwikkeling, het Sondag gesê verskeie paaie reg oor die stad is oorstroom. Die gebiede wat gewoonlik die hardste getref word, is naby vloedlyne geleë. “Dit is gewoonlik die geval in sommige informele nedersettings.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nettie ·

@Annie – NATUURLIK is dit die trekker se skuld!!! Wat vrá jy dan nog, vrou?

Ek woon in hierdie vallei, dus weet ek waarvan ek praat as ek sê dat die plaasmense (nou veralgemeen ek, hoor) soms so dik soos ‘n daalder kan wees wat sekere dinge aangaan. Hulle kry gratis kliniekdienste, wat voorbehoedmiddels insluit, maar jaar-na-jaar kry hulle die een baba na die ander (ek dink ek stem saam met die meeste mense wat sê dit is ter wille van die “grants” wat toegestaan word).

‘n Paar jaar gelede het hulle gestaak (onder polities-gemotiveerde aanmoediging van Tony Ehrenreich e.a.) vir ‘n groter basiese dagloon; hulle kry dit toe, maar toe neem die boere talle ander ‘byvoordele’ soos gratis Dstv, gratis vervoer, gratis verblyf, elektrisiteit en water weg, wat hulle in ‘n slegter posisie plaas nóú, as tóé.

Om terug te kom tot hierdie voorval: hierdie mense het gesien dat die rivier in vloed is, maar tog klim hulle op ‘n trekkerwa en foeter deur die water (laagwaterbrug oftenot) en daar word hulle weggespoel. Ek vra jou: waar is die logika hierin???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.