Drie mans is in Limpopo vermoor nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle vee gesteel het.
Vyf verdagtes is intussen in verband met die voorval op Dithabaneng in die Ga-Mphahlele-gebied buite Polokwane in hegtenis geneem, het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê.
Die verdagtes is Maandag vroegoggend in hegtenis geneem deur lede van die polisie se misdaadintelligensie- en veediefstaleenheid en speurders van Lebowakgomo.
Die drie slagoffers is Vrydag met klippe gegooi en aan die brand gesteek nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle vee gesteel het. Twee van die mans is op die toneel dood, terwyl die ander man onderweg na ʼn hospitaal oorlede is. Die voertuig wat glo gebruik is om die vee te vervoer, is ook aan die brand gesteek.
Die vee is in Bolopa as gesteel aangemeld. Die vrou op wie se perseel die vee aangehou is, is deur die polisie vir ondervraging ingeneem en volgens Mojapelo word nog inhegtenisnemings verwag.
Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die inhegtenisneming van die verdagtes moet ʼn duidelike boodskap stuur dat boendoegeregtigheid nie geduld sal word nie.
Die verdagtes sal na verwagting vandag in die Lebowakgomo-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en kwaadwillige saakbeskadiging.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
17 Kommentare
Jungle justice baie meer effektief as die polisie. Mense raak siek en sat van misdaad en neem dan sake in eie hande. In sekere gemeenskappe het hulle hul eie maniere van die tipe probleme oplos.
Boshof!
Dis al wat misdaad gaan laat stop polisie het lankal ophou probeer om dit te doen en daai storie van daar is n paar wat probeer julle is ongelukkig nie genoeg nie
Waarom neem die mense reg in eie hande ? Want die onreg stelsel is ‘n klug !
Dit is ‘n groot verlies vir die betrokke boer. Los hulle, dit is die oplossing vir diefstal.