Drie voetgangers in KZN doodgery

Argieffoto

Argieffotol

Drie mense is Sondagaand in drie afsonderlike voorvalle naby Durban doodgery.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici van dié nooddienste het op twee voorvalle reageer.

“In die eerste voorval is ʼn man in sy 40’s dood toe hy omstreeks 20:30 die M13 naby Evertonweg in Kloof probeer oorsteek het. Dit het gereën en sigbaarheid was swak,” het Botha gesê. Die man was reeds dood met paramedici se aankoms op die toneel.

“Die tweede voorval het omstreeks 21:00 op die N2-noord net voor die Ballito-afrit plaasgevind. ʼn Vrou wou die snelweg oorsteek toe sy deur ʼn motor getref is.” Botha het gesê die vrou is op slag dood en skade aan die motor dui daarop dat dit teen ʼn hoë spoed bestuur is.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die derde voorval het op die M4, in die rigting van Durban, naby die Quality Street-brug plaasgevind. “Met paramedici se aankoms is die liggaam van ʼn man, in sy laat 20’s of vroeë 30’s, in die vinnige baan aangetref,” het Bodasing gesê. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die voorvalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

petra van vuuren ·

sal hulle leer om nie oor snelwee te hardloop nie.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Op laerskool het ons a vak gehaad Gesondheidsleer daar is ons van kleins af geleer hoe om a pad oor te steek jy moenie met a mes hardloop nie hoe om a voetoorgang te gebruik wat het geword van daai onderrig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.