Drie vragmotors bots op N1

Foto verskaf deur Netcare 911

Drie vragmotors was Woensdagoggend op die N1 in Noordwyk, Johannesburg, betrokke in ʼn ongeluk.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het in ʼn verklaring gesê die ongeluk het omstreeks 08:00 onder die brug by die Olifantsfontein-afrit gebeur.

“Die bestuurder van die derde vragmotor het ernstige beserings opgedoen. Netcare 911-reddingsbeamptes is deur Fire Ops bygestaan om die bestuurder met meganiese toerusting uit die wrak te bevry.”

Drie persone het matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anoniem ·

En weereens deur vragmotors veroorsaak. Haal vragmotors van die paaie af en stel weer ‘n operasionele spoor vervoer in plek

Skaduwee ·

Ongelukkig kan die spoorvervoer nie by plase of fabrieke op en aflaai nie en trok bestuurders kry nie genoeg rus nie.

Nico ·

Hierdie is roekeloos en nalatige bestuur, die bestuurders is moeg of onder die invloed. In Duitsland werk dit so, die vragmotor drywers moet na elke 9 uur van die pad aftrek en gaan rus, en by dit alles word hulle gemonitor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.