Drie vroue buite politieke vergadering doodgeskiet

Foto: Lirandzu Themba

Ministers van die sekuriteitskluster wil die land gerus stel dat ʼn vry, regverdige en veilige verkiesing ononderhandelbaar is.

Dit volg ná drie vroue oor die naweek dood is en vyf beseer is tydens ʼn skietery buite ʼn laerskool in Inanda in Durban. ʼn Politieke byeenkoms is by die laerskool gehou.

Die minister van polisie genl. Bheki Cele, sy adjunk Cassel Mathale en die adjunkminister van staatsveiligheid Zizi Kodwa, het Dinsdag die informele nedersetting besoek. Die ministers het eers by die plaaslike polisiestasie stilgehou waar hulle volledig oor die situasie ingelig is deur die ondersoekspan. Hulle het ook ʼn besoek afgelê aan die misdaadtoneel waar Ncami Shange, Beatrice Nzama en Philisiwe Jili doodgeskiet is.

Cele sê die skietery was ʼn poging tot intimidasie voor die plaaslikeregeringsverkiesings.

“Dis duidelik dat dit eerder oor intimidasie gegaan het as om ʼn spesifieke persoon te teiken,” het Cele gesê. “Die polisie moet uitvind waarom die persone hierdie verskriklike daad gepleeg het en wie hulle gestuur het. Die taakspan ondersoek die feit dat dit ʼn politieke byeenkoms was en volg reeds leidrade op.”

Minstens 271 persone is reeds in die provinsie in hegtenis geneem deur die KwaZulu-Natalse politieke taakspan.

Kodwa het Cele se uitlatings beaam en gesê lafhartige optrede kan nie ongestraf gelaat word nie. “Só aanval is op ons Grondwet gerig. Dit is ʼn aanval op ons demokratiese bestel. Ons wil Suid-Afrikaners aanmoedig om nie bedreig te voel deur intimiderende optrede nie. Die sekuriteitskluster werk aan ʼn plan om die verkiesing te beskerm en die veiligheid van almal, wat aan die demokratiese proses deelneem, te verseker.”

ʼn Deel van die plan is om geïdentifiseerde gebiede in Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal te monitor en met wetstoepassers saam te werk, insluitend die SANW.

Die ministers het ook die families van die drie vroue besoek om hul meegevoel te betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Persheks Adri ·

Selfverdediging is óók ononderhandelbaar hoed! Nóg bloed op jou hande. Ek weet eerlik waar nie hoe jy slaap in die nag nie!

Francois Le Cochon ·

Dis die probleem, hy slaap nie in die nag nie!

David ·

Hoekom is intimidasie nou ewe skielik onkonstitusioneel? Die ANC het dan aan bewind gekom deur die “necklace”

annie ·

Na 25 jaar is ons uiteindelik ‘n eerstewêreldland… soos die VSA. By hook or crook or by gun.

Porseleintjie ·

Cele en jy dink nou seker jou teenwoordigheid is ‘n wonderkuur? Dat dit dinge beter sal maak?? Bedank asb. Le die tuig neer. Dit is die enigste wonderkuur, want dan sal dinge beter raak.

Hennie J ·

Nou wat het hy eintlik daar gaan soek? stemwerwing uit ander se leed/verskoning gemaak vir sy vrotsigheid/tipise anc optrede en die gepeupel val daarvoor!!

Deon ·

Vir my voel dit weer asof dit vir hom n gulde geleentheid is om rond te rits.

Hanna ·

‘n Politieke byeenkoms terwyl inperkings geld? Dis ‘n broeiplek vir sulke insidente…

Frank John ·

ANC – julle gaan jul sokkies moet optrek. Dis nie meer julle kan maak wat julle wil nie. Julle tyd ko stadig maar seker tot ‘n einde.

Jack ·

Hy reageer nogal vinnig in sekere omstandighede. Iets is nie pluis met die reaksie van die polisie nie. Dit kom baie selektief en polities voor.

Moedeloos ·

Praat praat praat is al wat jul kan doen maar as jul by uitvoering van jul gepratery moet kom verdwyn julle soos mis voor die son. Niemand luister eers meer na julle gepratery nie

Di ·

Vry, regverdige en veilige verkiesing sal nooit in hierdie land gebeur nie – Moor mekaar al klaar uit voor die verkiesing. ANC gaan SEKER MAAK dat hulle wen – kom wat wil. Daar is altyd slenters, kyk maar na die verlede, stembriewe wat later op ashope gevind is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.