Drie vroue in hof na hulle glo fetus brand

court-hammer_thumbDrie jong vroue wat van moord aangekla word nadat hulle glo ‘n fetus gebrand het, het Maandag in die Ekangala-landdroshof naby Bronkhorstspruit verskyn.

Konst. Zanele Vilakazi, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot Donderdag uitgestel wanneer die 18-jarige ma om borg sal aansoek doen. Sy bly in aanhouding. Die ander twee vroue, onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, is op waarskuwing vrygelaat.

Die vrou was vyf maande swanger en het Donderdagaand pille gedrink om die fetus af te bring. “Kort nadat sy die pille gedrink het, het sy in ‘n toilet geboorte gegee. Sy kon nie die fetus in die toilet afspoel nie aangesien dit te groot was,” het Vilakazi gesê.

Vilikazi sê die vrou het toe glo die fetus in ‘n plastieksak gesit en weggesteek. Sy het glo hierna vir haar vriende by die skool om raad gevra waarna hulle glo besluit het om die fetus te brand.

Vilikazi sê ‘n ander skoolmeisie het gehoor wat hulle beplan en haar ma ingelig. Die ma het die polisie in kennis gestel en die vrou is kort na die voorval in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sprietjie ·

Mensig maar dis wreed, dis moord. Steriliseer haar ook sommer. Die twee skoolmaats moet maar dieselfde ontvang, hulle is net so aandadig.
Voorbehoedmiddels is gratis beskikbaar by klinieke, wat gaan aan met die jeug.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.