Drie vroue sterf in brande

iStock_000009800151XSmall1-300x199Drie vroue het die afgelope twee dae in afsonderlike voorvalle doodgebrand.

Wilfred Solomon-Johannes, woordvoerder van die Kaapstadse rampbestuur-afdeling, sê Leona Dikane (49) is dood nadat haar plakkershut in die Rasta Kamp- informele nedersetting tussen Somerset-Wes en Strand afgebrand het. Hy sê brand is glo deur ʼn elektriese kortsluiting veroorsaak. In nog ʼn voorval is Annelise Holmes (28) dood nadat haar plakkershut in die Olieboom-informele nedersetting afgebrand het. Die oorsaak van dié brand is nog onbekend.

Intussen het ‘n vrou Vrydagaand in haar huis in Vosloorus aan die Oos-Rand doodgebrand. William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, sê die vrou se bure het die huis se deur oopgebreek nadat hulle gesien het daar kom rook by die vensters uit. Omstanders het die vlamme met sand probeer blus. Ntladi sê die vrou se liggaam is in een van die slaapkamers gevind. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.