Drie vroue sterf op Goeie Vrydag

Hazyview-ongeluk (Foto: John Erasmus via die Mpumalanga- departement van gemeenskapsveiligheid)

Drie vroue is Vrydag dood in ʼn ongeluk op die R40 naby Hazyview in Mpumalanga.

Moeti Mmusi, woordvoerder van gemeenskapsveiligheid in die provinsie, het gesê die ongeluk het omstreeks 08:00 plaasgevind toe ʼn bakkie omgeslaan het. “Veertien persone het ernstige beserings opgedoen en is na Matikeane- en Tintswalo-hospitale geneem. Twee vroue is op die toneel dood verklaar en ʼn derde vrou het by die hospitaal aan haar beserings beswyk.”

Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek. ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die bestuurder beheer verloor het oor die voertuig voor dit omgeslaan het. Die voertuig was na bewering deel van ʼn begrafnisstoet van een van die plaasgemeenskappe.

Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het ʼn beroep op motoriste gedoen om aan die verkeersreëls te voldoen en versigtig te bestuur. Hy het sy meegevoel betuig met die families en wens die persone wat beseer is, ʼn spoedige beterskap toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kobus

Begrafnis stoet ? Teen watter spoed en ook oorlaai. Tragies,onnodig en hartseer.

Gawie

17 mense op een bakkie – dis mos moeilikheid soek!

Samuel

Ongelooflik!! Die bakkie was dan heeltemal oorlaai! Bly egter tragies.

Cecilia

14 beseer. 3 dood. 17 mense op 1 voertuig? Goeie genugtig! Waars d Traffic cops? O hulle was besig om karre te deursoek vir wettige gekoopte drank. LOL. Nee dis pateties! Ek was ook 1 vd stupid mense wat besluit ht om Paasnaweek d pad te vat. Donderdag op d N4 vanuit Nelspruit rigting Karino. Wat n NAGMERRIE. Net buitekant Nst staan d verkeer botstil. Wettelose padvark kaders jaag by j verby in d geel lyne ( wat vlgns wet vir noodvoertuie is). Net om 5 voertuie verder in te druk trug in d wagtende ry. Selfs 1 padvark kader… Lees meer »