Drie vroue uit Garsfontein-huis gered

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Drie mense is Donderdag in hegtenis geneem nadat drie Thaise vroue uit ʼn huis in Garsfontein in die ooste van Pretoria gered is. Die verdagtes word van moontlike betrokkenheid by mensehandel verdink.

Volgens kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, is inligting opgevolg nadat een van die vroue uit die huis ontsnap het.

“Die vrou het by die Thaise ambassade aangekom en gesê dat sy teen haar sin aangehou is vir seksuele uitbuiting,” sê Mogale. “Wetstoepassers en maatskaplike dienste het by die saak betrokke geraak.”

Die inligting is opgevolg en kontak is gemaak met een van die slagoffers wat glo ook in die huis aangehou is.

“Nog twee slagoffers is gered nadat lede van die Valke, die Tshwane-metropolisie en die polisie se honde-eenheid op die huis toegeslaan het.”

Die verdagtes sal eersdaags in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van mensehandel.

Genl.maj. Ebrahim Kadwa, die hoof van die Valke in Gauteng, het die ondersoekspan geloof vir hul goeie werk om die drie vroue te red en die verdagtes in hegtenis te neem.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Charles ·

Lelike dinge gebeur in n lelike wêreld. Hoe meer mens blus, hoe meer vure steek op.

Delia ·

Ons weet nie altyd wat gaan aan in ons bure se huis nie. Geen borg asb! Dankie SAPD

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.