Drie vrygelaat na Mpuma-transitorooftog

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Drie mans wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn transitorooftog in Ogies, Mpumalanga, is vrygelaat.

“Hulle is vrygelaat omdat hulle nie aan die saak verbind kon word nie,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, Saterdag gesê.

Die mans was deel van ʼn groep van ses verdagtes wat Woensdag in hegtenis geneem is. Drie van die verdagtes het Vrydag in die Ogies-landdroshof verskyn. Die saak teen Billy Malope, Thabane Twala en Lebogang Maroele is tot 25 Februarie uitgestel vir hul aansoek om borgtog. Hulle staan tereg op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen, die besit van gesteelde eiendom en gewapende roof.

Die groep is in hegtenis geneem nadat die Valke inligting oor die beplande rooftog ontvang het. Klik hier om foto’s te sien van die inhegtenisneming.

Die verdagtes het SBV-veiligheidswagte voorgekeer en sou met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug het toe lede van die Valke toegeslaan het. “Die polisie het beslag gelê op ʼn warsender (“jammer”), twee voertuie, die gesteelde kontant en ʼn vuurwapen,” het Mulaudzi bygevoeg.

Een van die verdagtes word glo verbind aan vier ander ernstige sake, insluitend vragmotorkaping en gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.