Drie wagte beseer in transitorooftog

Die geldwa wat beroof is. Foto: ER24

Drie veiligheidswagte is tydens ʼn transitorooftog beseer nadat hulle geld by ʼn winkelsentrum gaan oplaai het.

Volgens brig. Vishnu Naidoo, nasionale woordvoerder van die polisie, het die voorval omstreeks 15:30 naby KwaKopi in KwaZulu-Natal plaasgevind.

“ʼn Geldwa het op die R33 van Msinga na Greytown gery nadat geld by die Msinga Mall opgelaai is. ʼn Onbekende aantal insittendes het in twee voertuie op die geldwa toegeslaan,” het Naidoo gesê.

“Hulle het op die geldwa geskiet, waarna die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en dit verskeie kere gerol het.”

Die verdagtes het springstof gebruik om die geldwa oop te blaas, waarna hulle met ʼn bedrag geld gevlug het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die wagte het geringe beserings tydens die ongeluk opgedoen en kon daarin slaag om uit die voertuig te kom voor dit oopgeblaas is.

Die wagte is met ambulanse na ʼn hospitaal in Pietermaritzburg geneem vir mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in verband met die rooftog in hegtenis geneem nie.

Die geldwa wat beroof is. Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Alweer ·

Plaasboere en geldwa-wagte die mees riskante werk tans in Suid-Afrika. Sjoe, in watter vrees moet hierdie mense nie elke liewe dag leef nie.

Chris Ws ·

Dis ‘n gewone bakkie wat as geldwa gebruik is die’.Dus het die kriminele ongetwyfeld binne inligting gehad.

christa ·

ry daar ny ‘n gewapende wag saam met die geldwa nie, of kan hy nie skiet nie?
Die arme mense se lewe is nie ‘n cent werd nie

leser ·

die groot vraag is, waarom word die geldwa nie behoorlik versterk nie, plofskade is oor die algemeen altyd op dieselfde plekke

Dorpenaar ·

..hoeveel keer moet dit nog gebeur voordat hulle voor en agter hierdie voertuie met ekstra motors met wagte ry. Of mag net die Ministers hierdie voordeel geniet?

christa ·

niemand kan sover dink om gewapende wagte saam te stuur nie. Die sekeruteit word net gebruik om ministers op te pas wat geld mos.

marous ·

Gaan seker volgende Olimpiese Spele goud wen met die nuwe nasionale sport .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.