Drie wagte onder tien in hof vir transitorooftog

hof-hamer

Argieffoto

Tien verdagtes wat na bewering betrokke was by ʼn transitorooftog op 30 September sal Maandag in die Mahikeng-landdroshof in Noordwes verskyn.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die verdagtes, tussen 29 en 42 jaar oud, is in hegtenis geneem ná ʼn intensiewe soektog deur die Valke in Noordwes, lede van misdaadintelligensie en die Mmabatho-blitspatrollie. Die rowers het glo ʼn pantservoertuig opgeblaas en die drie wagte se vuurwapens by hulle afgeneem.

Volgens Mulaudzi het die transitorowers van die toneel gevlug met ʼn groot hoeveelheid kontant.

“Sewe verdagtes is in nedersettings rondom Mahikeng in hegtenis geneem terwyl drie in Itsoseng vasgetrek is,” het Mulaudzi gesê.

Mulaudzi het ook gesê dat drie van dié wat in hegtenis geneem is, die drie veiligheidswagte is wat tydens die rooftog kwansuis van hul vuurwapens beroof is. Hul beweerde gesteelde vuurwapens is in ʼn bos nie ver van die misdaadtoneel nie aangetref.

“Hul huise is ook deursoek en daar is beslag gelê op van die beweerde gesteelde goedere asook twee vuurwapens en ammunisie,” het Mulaudzi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Oujongvrou ·

Die artikel opskrif laat mens dink die rowers is onder 10 jr oud?

Nettie ·

@Oujongvrou – ek het presies dieselfde gedink en gefrons. Eers toe ek die berig begin lees, besef ek dat MM bedoel: “Drie wagte tel onder 10 in hof vir transito rooftog”. @Piet, ek is nie een van daai met ‘n 30%-slaagsyfer mentaliteit nie; trouens ek het my matriek met ‘n C-gemiddeld geslaag.

Jerry ·

Wanneer mense lees van veiligheidswagte wat betrokke is moet mense begin besef dat veiligheidswagte nie vertrou kan word nie, ook nie vir plaasbeveiliging nie! Ons lewe in n tyd waar jy nie eers jou eie mense, wie van jou verskil, kan vertrou nie, laat staan nog mense van ander kulture. Mense se sintuie en vermoe is so afgestomp deur al die misdaad, geweld en sosiale media fopnuus in die land dat dit vir hulle nie meer moontlik is om onbekwaamheid of boosheid te identifiseer voordat dit reeds skade aangerig het nie! Mense sal se dat dit nie reg is om te veralgemeen nie, which is fair, maar ek se iewers gaan mense n streep moet begin trek om te oorleef en om te verhoed dat hulle en hulle geliefdes deel word van SA se misdaadstatistiek! Daar bestaan reeds talle voorbeelde van “inside jobs” waarby wetstoepassers, veiligheidswagte, plaaswerkers, tuinwerkers en huishulpe by betrokke was. Wanneer mense begin staatmaak op die beloftes van ander vir beveiliging en daardie mense faal hulle, hetsy uit onkunde of uit boosheid, dan is die uiteinde n fatale flater!

Nettie ·

@Jerry – dit het te doen met die KALIBER mens wat aangestel word in sekere posisies. En ook die kwessie van “pay peanuts, get monkeys” – en dit is nie rassisties bedoel nie. Kyk maar net watter mense is jou deursnee-sekuriteits- of “veiligheids”-wag. Sommige het nie eens Graad 10 agter hul name nie en het ‘n “helter-skelter”-kwalifikasie (Graad E of D) in sekuriteitswese. Kyk wat “pay” Graad E en D sekuriteitsmense, dan sal jy weet hoekom hulle so maklik by misdaad betrokke raak.

Willie ·

Ek is nie snaaks nie, maar n sekuriteits wag was vir my nog altyd nie n wetstoepasser nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.