Drie wat glo fietsryers roof, moor wéér in hof

Tembisa-landdroshof. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Die drie verdagtes wat verlede maand in hegtenis geneem is vir die skietdood van ʼn fietsryer in die omgewing van Olifantsfontein gaan Dinsdag weer in die hof verskyn.

Lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die mans is tans in aanhouding en sal na verwagting weer in die Tembisa-landdroshof verskyn.

Die verdagtes, wat tussen 35 en 40 jaar oud is, is intussen deur drie ander fietsryers uitgeken wat onlangs in Olifantsfontein beroof is.

Volgens Masondo word die verdagtes nou met 11 sake van moord en roof verbind.

Maroela Media het vroeër berig dat die verdagtes moontlik verbind kan word met ʼn sindikaat in Gauteng wat spesifiek fietsryers teiken.

Die verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle in November ʼn 58-jarige fietsryer doodgeskiet het wat saam met sy swaer en dié se 18-jarige seun in Olifantsfontein gaan fietsry het.

Hulle het na bewering ook twee ander fietsryers in die omgewing beroof, maar is kort daarna vasgetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Philip ·

“Drie wat glo fietsryers roof, moor wéér in hof”
Ai tog, die Afrikaans !!!

Johann ·

So daars ‘n trop van hulle wat saam dink en beplan en doen. Wonder of een van hulle kan fiets ry?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.