Drie wat hulle as mediese tegnoloë voorhou tronk toe

Argieffoto

Drie mans wat die mediese fonds Bonitas uit ʼn reusebedrag bedrieg het, is tot tronkstraf gevonnis.

Brig. Thabo Ramela, hoof van die Valke in Limpopo, het dié straf wat deur die Seshego-streekshof opgelê is, verwelkom.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die polisie, het gesê Ramokatse Joel Mokonoto (61), Paulos Maseka (63) en Gezani John Baloyi (55) sal onderskeidelik nege en 10 jaar lange tronkstrafvonnisse moet uitdien nadat hulle skuldig bevind is op 1 448 aanklagte van bedrog. Hulle het Bonitas uit nagenoeg R1,3 miljoen bedrieg.

Die drie het hulle tussen 1997 en 1999 as mediese tegnoloë voorgehou en mediese toetse op mense gedoen wat deur dokters verwys is. “Hulle het saamgespan en eisvorms van toetse wat nooit gedoen is nie by die mediese fonds ingedien,” het Maluleke gesê.

Die hof het Mokonoto skuldig bevind op 684 aanklagte en hom tot nege jaar tronkstraf gevonnis, terwyl Maseka en Baloyi skuldig bevind is op 764 aanklagte van bedrog en albei tot 10 jaar tronkstraf gevonnis is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bonitas Lid ·

Nou weet ek hoekom die premies jaar na jaar buite beheer styg. Die is die punt van die ysberg.

Theresa ·

Ook dadelik deur my gedagtes geflits, maar hopelik sommer trippel daardie jare, aangesien hy hom nie voordoen as iets anders nie, maar wel die sogenaamde Staatshoof is.

Eish ·

Is die mense nie geregistreer soos medici met praktyk nommer ens nie? Daar moet mos eers nagegaan word of die mense gekwalifiseerd is.

BONITAS LID 2 ·

Daar gaan die premies alweer op…. en die voordele af…. Ek werk al 27jaar plus met mediese fondse en daar is een ding wat teen my skrei is pasiënte wat oneerlikheid verwag. Ek weier beslis… 1 misstap kan ‘n praktyk kelder… Mens vra liewer niks vir dienste as om dit oneerlik deur te sit. ‘n Misdaad, hoe klein ook al, het ‘n rimpel effek…. en in die geval rimper hy om my mediese fonds se tarief en voordele…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.