Drie wat man verkrag, gevonnis

Argieffoto (Foto: Daniel Bone/Pixabay)

Drie mans is Dinsdag in die streekhof in Worcester, Wes-Kaap, swaar gevonnis vir die verkragting en ontvoering van ’n man.

Peter-John Adams (19), Rodney Beukes (20) en Austin Fritz (17) het op 26 Augustus 2017 ’n 23-jarige man ontvoer en verkrag.

Volgens Ndakhe Gwala, polisiewoordvoerder, het die slagoffer by ’n vuur met twee vriende gesit toe die drie beskuldigdes oor ’n heining spring en die slagoffer met geweld gegryp het. Hulle het hom na ’n gebou in Bella Vista, Ceres, gesleep.

“Die beskuldigdes het die man aangerand en daarna beurte gemaak om hom te verkrag,” sê Gwala.

“Die man is ure lank in die gebou aangehou en die beskuldigdes het geweier om hom te laat gaan.”

Die man het omstreeks 02:30 die volgende dag daarin geslaag om te ontsnap.

“Die drie beskuldigdes is vier dae later in hegtenis geneem. Hulle was na bewering lede van die Ford Boys-bende.”

Adams en Beukes is elk tot 20 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van ontvoering en verkragting. Fritz is tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis ingevolge artikel 77 van die Wet op Kindergeregtigheid.

Al drie beskuldigdes is onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Die polisiebestuur in die Wes-Kaap het sers. Anthony John van Rooy van die Ceres‑polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) geloof vir sy goeie speurwerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Boer ·

Wel ek hoop hulle kry dieselfde emosionele verkragtingsbehandeling in die tronk as wat daardie onskuldige man moes ly.

Di ·

Monsters! Genade mens doen dit nie aan iemand anders nie. WALGLIK

Estelle ·

Hoe oud was die skerminkels toe hulle die misdaad gepleeg het – 14, 15 en 12 jaar oud? Gemors!!!

Antjiese5c ·

Genade ek besef dit nou eers, en die slagoffer was dan 18, hoe hartseer word die wereld vir ons kinders

Swerwer ·

Geen selfrespek ly tot sulke optrede. Satan is omtrent doenig met sy amptenare.
Die trauma wat daardie 23 jarige slagoffer moes deurgaan is walglik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.