Drie wat skiet in ʼn japtrap gevonnis

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Drie veiligheidswagte wat op ʼn video afgeneem is waar hulle lukraak in die openbaar skote in die lug afvuur, is binne ʼn week daarvoor skuldig bevind en gevonnis.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het in Hillcrest in KwaZulu-Natal ná die begrafnis van ʼn taxibaas plaasgevind. Die veiligheidswagte het hulself verlede Donderdag aan die Hillcrest-polisie oorgegee nadat die video wyd op sosiale media versprei is.

Die drie veiligheidswagte, Nkosingiphile Gase (36), Thembinkosi Gcabashe (39) en Sno Mlamuli Khoza (38), het verlede Vrydag vir die eerste keer in die Pinetown-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige afvuur van ʼn vuurwapen in die openbaar. Die saak is tot Dinsdag uitgestel waartydens die wagte skuldig gepleit het.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die beskuldigdes is elk tot een jaar tronkstraf, wat opgeskort is vir vyf jaar, gevonnis.

Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende polisiekommissaris van die provinsie, het die vonnis verwelkom.

“Ons sal nie sulke gedrag duld waar vuurwapens lukraak afgevuur word nie, hetsy by begrafnisse, vergaderings of enige ander geleentheid,” het Langa gesê.

“Die vonnis stuur ʼn duidelike boodskap dat die howe sulke voorvalle, wat onskuldige mense se lewens in gevaar stel, baie ernstig beskou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Netso ·

Dis goeie nuus om te hoor dat hulle nou een van die hoeveel reëls op wat die wet op vuurwapen beheer ken! Wat, word hulle nou weer net ñ semi-outomatiese wapen in die hand gedruk by die werk? Laat dit vir almal ñ les wees!

Hendrik van George ·

Wonder maar net of hulle wapenlisensies verbeur is. Maak seker nie regtig saak nie – gebruik dan net onwettige wapens.

Ek twyfel ·

Ek twyfel Hendrik, want ‘n rassistiese vloekwoord of doodskis is nie hierby betrokke.

SjN ·

Hoekom kan ander sake wat al 11 jaar sloer nie ook so vinnig afgehandel word nie, van uitstel kom afstel.

Oom Kalahari ·

As ek nou as blanke man my vuurwapen in die openbaar moes afvuur sou ek verseker 05jr tronkstraf gekry het (sonder opgeskorte vonnis) asook my vuurwapen verbeur het en onbevoeg verklaar gewees het om ‘n vuurwapen te besit. Hoop hul werkgewer by die Sekuriteits maatskappy hou ook ‘n interne ondersoek.

LouE ·

Hulle het nie noodwendig vuurwapenlisensies nie – hulle kry seker wapens by hulle werkgewer. Die hof moes hulle ook onbevoeg verklaar het om ‘n wapen te besit of te gebruik dan kan die werkgewer ook nie meer ‘n wapen aan hulle toevertrou nie. Ek dink die straf is BAIE lig – slegs ‘n opgeskorte vonnis. Ek vertrou dat ons mense wat soortgelyke foute begaan ook so lig daarvan sal afkom?

Cherokee ·

So jy dink mense wat vuurwapens by hul werkgewers ontvang hoef nie lisensies te hê daarvoor nie. Die vreemdste veronderstellings wat gesig wys in hierdie forums.

LouE ·

Hi Cherokee, Polisiemanne het nie vuurwapenlisensies vir hulle amptelike wapens nie. Net so het sekuriteits beamptes ook nie vuurwapenlisensies nie en het die ouens wat die geldwa oppas ook nie ‘n vuurwapenlisensie nie. Die lisensies word gehou deur die maatskappy. Dis ‘n hele hoofstuk in die vuurwapenwet – lees dit gerus. Ek sien jy maak dikwels stellings oor tendense in die forums asof jou analise ‘n argument is. Groetnis.

gogga ·

Hierdie opgeskorte vonnis is belaglik en maak van die vuurwapen wette en veiligheid en regstelsel n grap…

Kobie ·

Die berug maak nie melding wst was die gebeere nie was die skote afgevuur om andermense se eiendom of lewens te beskerm en word nou weer die boewe beskerm

Basjan ·

Kobie, dit is gebruik by sekere begrafnisse dat van die begrafnisgangers skote in die lug afvuur ter nagedagtenis aan die oorledene. Hulle dink nie daaraan nie dat, wanneer jy ‘n skoot in die lug afvuur, daardie koël weer terugkom aarde toe. Iemand kan dan getref of gedood word.

Kobie ·

Hierdie berug melt nie hoekom het dit gebeer was dit om ander mense se lewens en eiendom te beskerm . is die saak maar net weer n geval beskerm die boewe

AD ·

So eerder n vuurwapen in die lig skiet as verkeerde woord gebruik. Dan kry jy ‘n jaar wat opgeskort is. Hmmmm die regstelsel…..

Koos ·

Hulle het seker op tv gesien die vsa weermag en polisie vuur skote in die lug af tydens n begrafnis maar iemand behoort net vir hulle te se hulle gebruik nie lewendige amunisie nie.??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.