Drie mans wat ʼn Vodacom-toring beskadig en besteel het, is Woensdag tot 30 jaar effektiewe tronkstraf in die Bethulie-streekhof in die Vrystaat gevonnis.
Patrick Chirambandare (34), Washington Khoza (32) en Cliff Hove (28) het elk ’n vonnis van 15 jaar ontvang nadat hulle aan ʼn Vodacom-toring naby Springfontein gepeuter het. Die mans is ʼn verdere 15 jaar tronkstraf opgelê vir die diefstal van 12 Narada-batterye ter waarde van R78 000. Dié batterye is ook by die Vodacom-toring gesteel.
Phaladi Shuping, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die mans is in Junie verlede jaar vasgetrek toe die polisie op ’n inbraak by twee selfoontorings naby die N1-snelweg reageer het.
Die polisie en private sekerheidsbeamptes het die beskuldigdes op heterdaad betrap en beslag op 24 batterye gelê, asook ’n Toyota-bakkie wat in die uitvoer van die misdaad gebruik is.
Hulle is op die toneel in hegtenis geneem waarna die saak vir verdere ondersoek aan die Valke oorhandig is.
Staatsaanklaer Leon Ehlers het die hof gevra om die beskuldigdes swaar te straf aangesien die beskadiging van infrastruktuur ’n ernstige uitwerking op Suid-Afrikaners het.
“Die NVG het skade aan infrastruktuur tot een van die prioriteitsmisdade verklaar vanweë die hoë voorkoms van die soort misdaad in die provinsie.
“Hulle [die beskuldigdes] het versuim om enige berou te toon deur te ontken dat hulle by die misdaad betrokke was. Die kans op rehabilitasie is skraal. Ek versoek die hof om ʼn swaar vonnis op te lê wat ʼn boodskap sal uitstuur dat die hof nie sulke misdadige gedrag sal duld nie.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Dis was HOOGTYD dat hierdie soort kriminele SWAAR gestraf word! Hierdie tipe misdaad verwoes soveel infrasktruktuur en kos ons belastingbetalers miljoene om dit te herstel. Laat hierdie ‘n waarskuwing wees aan die res van hulle wat dit oorweeg
Gaan hulle regrig 30 jaar agter tralies deurbribg of gaan hulle oor 3 maande ook saam zuma en schabir gholf speel?
Klink na Zim burgers
Wat het van die ander 12 batterye geword? Daar is op 24 beslaggelê, maar hulle is vir 12 aangekla????
Well done Mr. Ehlers!!!