Drie weer in hof vir ‘pannekoektannie’ se moord

Anna Herbst is in haar huis in Bloemfontein vermoor.

Een van die mans wat beskuldig word van die moord op Anna Herbst, het Donderdag sy aansoek om borgtog in die landdroshof in Bloemfontein laat vaar.

Lehlohonolo Gift Mans (18), Mpho Joseph Mateu (18) en Thabo Andries Ntholeng (19) word aangekla van die moord op Herbst wat alom bekendgestaan het as die stad se “pannekoektannie”.

Herbst (61) se liggaam is op 6 Julie in haar huis op ʼn kleinhoewe by Bloemspruit aan die buitewyke van die stad gekry. Sy het alleen daar gewoon nadat haar man vroeër dood is. Nooddienswerkers het op Herbst se liggaam afgekom nadat bure aanvanklik vlamme gesien en die brandweer ontbied het.

Hulle het agtergekom dat Herbst se hande vasgebind is toe hulle die liggaam uit die huis verwyder het.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Vrystaat, het gesê Mans het vandag sy aansoek om borgtog laat vaar.

Mateu en Ntholeng se borgtogaansoeke gaan voort en is uitgestel tot Dinsdag, het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cherokee ·

Amper vra ek of daar dan ‘n minimum ouderdomsperk is, maar dit sou nie snaaks wees nie. Ek het in ‘n ander gesprek gesê, moordenaars word met daardie boosheid in hulle gebore want ek kan nie dink dat mense so kan word nie. Maar anders gesien mag omgewing en atmosfeer waarin opgegroei word, tog ‘n rol speel. ‘n Rol wat lewens minag.

Kobie Welgemoed ·

Ek stem saam. Hulle is boos gebore. Die rede??? Weet nie want ‘n mens het ‘n keuse wat jy met jou lewe wil doen.

jakes ·

Die drie mans moet ten alle koste lewenslank tronk toe gaan. Geen versagting moet in ag geneem word nie want moord is duidelik nie n misdaad in hulle verwysingsraamwerk nie, eerder n stokperdjie.

JR ·

Moordenaars is lafhartig hulle kom in n groep van 5 tot 6 om oumense aan teval en te martel bring die doodstraf terug en raak ontslae van die ANC

Wonder Woman ·

…..ledigheid is die duiwel se oorkussing….. Mag ons liewe Vader hul vergewe, want hulle weet nie wat hul doen nie….

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.