Drie weer vas ná Tzaneen-ontsnapping

Argieffoto

Argieffoto

Drie van die sewe verhoorafwagtende gevangenes wat Dinsdagoggend uit die aanhoudingselle van die Tzaneen-polisiestasie in Limpopo ontsnap het, is weer aangekeer.

Victor Makgopa, Mahlatsi Sekgota, Tshepo Charles Sebake, Goodwil Maranza Sekhwela, Piet Solly Sekgobela, Houston Mabasa en Lucky Mashatola het polisiebeamptes in die aanhoudingselle oorweldig toe hulle ’n roetinebesoek gaan aflê het, waarna die gevangenes ontsnap het.

Sekhwela (26) is dieselfde dag in ʼn informele nedersetting buite Tzaneen in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk van die gemeenskap ontvang het.

Mashatola (24) is Woensdag by sy skuiling tussen Tzaneen en Modjadjiskloof in hegtenis geneem.

Mabasa (27) is Donderdag op die plaas Westfalia buite Tzaneen opgespoor en in hegtenis geneem.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê die soektog na die ander verdagtes duur voort.

Die verdagtes hou verband met sake van gewapende roof, huisbraak en verkragting en moet as uiters gevaarlik beskou word. Mense met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om brig. Thomas Shingange by 082 565 8155 te bel.

ʼn Interne ondersoek na die omstandighede rakende die ontsnapping is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jef ·

Mooi, nou die ander vier nog maar moenie hulle verhoor nie anders ontsnap hulle weer.
Gooi hulle straight away in die tronk en gooi die sleutel weg.

DPJ ·

Hoop hulle hou nie weer almal in een sel aan nie om ontsnaping te bemoeilik.

CHRISTA ·

Hoe ontsnap hulle altyd met ‘n roetinebesoek? MOET die selle moet so ‘n besoek oopgesluit word?

Han ·

Daar word net te dikwels van die ontsnapping van verhoorafwagtende gevangenis gehoor. Ek ruik ‘n rot . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.