Drie word nie verbind aan Mthembu-skietery

Jackson Mthembu Foto: polity.org

Jackson Mthembu Foto: polity.org

Die drie verdagtes wat in Limpopo in hegtenis geneem is nadat ANC-LP Jackson Mthembu Sondagaand in Witbank, Mpumalanga geskiet en beroof is, kan nie aan die voorval verbind word nie.

Brig. Selvy Mohlala, ʼn polisiewoordvoerder van Mpumalanga, het Woensdag bevestig niemand is nog in verband met Mthembu se voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek steeds ʼn saak van gewapende roof.

Die drie verdagtes is Maandag omstreeks 22:30 in Tzaneen in hegtenis geneem vir die besit van vermeende gesteelde eiendom, waaronder ʼn skootrekenaar, 30 slimfone en 28 gekloonde kredietkaarte. Mohlala het Dinsdag beklemtoon dat die verdagtes vir ondervraging in hegtenis geneem is, en dat die polisie nog nie kan sê of die mans aan Mthembu se skietvoorval verbind kan word nie.

Mthembu het Sondagaand by ʼn kitsbank in Mandelastraat geld getrek, toe gewapende mans hom oorval en al sy geld uit sy bank onttrek het.

Mohlala het Maandagaand verduidelik ʼn skoot het afgegaan tydens ʼn struweling tussen Mthembu en een van die rowers en ʼn koeël het sy wang rakelings getref en hom toe in sy skouer getref. “Die gewapende man en sy drie medepligtiges is dadelik na Mthembu se motor waar vier van sy vriende gesit en wag het,” het Mohlala bygevoeg. “Die rowers het Mthembu en sy vriende ook van hul geld en selfone beroof.”

Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het Dinsdag gesê Mthembu sterk aan in die intensiewesorgeenheid van ʼn hospitaal in Witbank en dat hy in ʼn goeie luim is en gesels.

Die party het vroeër ontken dat die voorval polities gedrewe was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Jackson, jy het nou tyd terwyl jy aansterk. Lees wat regtig aangaan in die land. Hul gaan jou weer skiet. Word wakker en doen iets. Jy mos in die regte kringe in die ANC…. Ons moeg om so te lewe in oorlog sone man…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.