Drie word vier jaar ná kaping gevonnis

(Argieffoto)

Drie persone is in die Mmabatho-streekshof gevonnis in verband met ʼn kaping wat in Maart 2016 plaasgevind het.

Thatayaone Gift Lethoba (32), Mandlenkosi Enock Msuthwana (36) en Solomzi Ashford Matwa (36) is Woensdag in die hof gevonnis, het kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die slagoffer is op 11 Maart 2016 omstreeks 14:30 op die Lichtenburg/Mahikeng-pad gekaap toe hy drie rylopers ʼn rygeleentheid aangebied het. “Toe hulle Dihatshwane nader, het een van die persone versoek dat hy stilhou, omdat hy homself wou verlig. Toe die slagoffer stilhou, het hulle egter ʼn vuurwapen op hom gerig en hom gedwing om op die agterste sitplek te lê, het Myburgh gesê. “Die beskuldigdes het na Bodibe gery waar hulle die slagoffer met kabelbinders en draad aan ʼn boom vasgemaak het. Hulle het ook sy geld gesteel voor hulle met sy motor, ʼn silwerkleurige Volkswagen Polo, weggery het.”

Die slagoffer kon homself bevry en het hulp gaan soek by ʼn nabygeleë huis.

Die motor is deur ʼn opsporingsmaatskappy in Randfontein gevind. “Al drie beskuldigdes is dieselfde dag nog, omstreeks 19:00, in hegtenis geneem. Hulle was sedert hul inhegtenisneming in 2016 in aanhouding.”

Lethoba is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis en Msuthwana en Matwa is tot 10 jaar tronkstraf elk gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ES ·

Skokkend dat die saak 4 jaar gevat het, maar hulle het gelukkig swaar straf gekry vir hul misdaad.

Gert Johannes ·

Hoop hulle was vir die 4 jaar in gevangenis. Wys jou net, jy moet wees versigtig aan wie liefdadigheid betoon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.