Drie wou glo 14-jarige vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans, wie se beweerde plan om ʼn 14-jarige seun te vermoor glo in die wiele gery is toe hulle ʼn ander man doodgeskiet het, het Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.

Serge Petersen, Craig Ligwa en Taswell Brown het tydens ʼn voorverhoor in die hof verskyn en staan tereg op vyf aanklagte, insluitend moord, poging tot moord en huisbraak.

Landdros Jacqueline Sibiya het gesê sy het die grootste deel van die dossier aan die verdediging oorhandig en versoek nog ʼn voorverhoor. Regter Robert Henney het die saak tot 29 Mei uitgestel.

Volgens die hofdokumente het die drie glo op 24 September verlede jaar ʼn plakkershut in Hanoverpark bestorm, op soek na die 14-jarige seun. Die plakkershuis behoort aan die tiener se ma, Chantelle Fuller, en haar kêrel, Zane Matthyssen.

Die drie mans het glo skote afgevuur en Matthysen het op pad hospitaal toe aan sy beserings beswyk nadat hy in die boud en maag getref is.

Fuller is ook in die aanval geskiet en gewond.

“Die staat voer aan dat die misdade beplan is en uitgevoer is met ʼn gemene doel of sameswering,” lui die staat se verklaring. Daar is egter nie ʼn verduideliking waarom die mans na die tiener op soek was nie.

Bron: Jenna Etheridge, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

As hulle skuldig bevind word, sluit hulle toe en gooi die sleutels weg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.