Driedubbele moord in Delft ondersoek

(Argieffoto: SA Polisie)

Die Wes-Kaapse polisie se teenbende-eenheid ondersoek drie aanklagte van moord en twee van poging tot moord ná ’n skietery Dinsdagaand in Delft, Kaapstad.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê ’n onbekende getal verdagtes het omstreeks 19:05 verskeie skote op die hoek van Umvoti- en Sabistraat in Leiden afgevuur.

’n Jong vrou (22) en twee mans, onderskeidelik 28 en 39 jaar oud, is op die toneel doodgeskiet.

’n 13-jarige meisie en nog ’n vrou (33) het albei ernstige skietwonde in die voorval opgedoen en is gisteraand na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Daar word vermoed dat die skietery met bendebedrywighede verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Weereens wapens in kriminele se hande magtag hoed gaan begin daar wapens soek! Goeie tydverdryf vir jou ook as om klomp snert vir ons uit te dink oor wapens pffft

Samuel ·

So sinneloos al die moord en doodslag!

Hoedman, waarom neem julle nie eers die vuurwapens uit die hande van bendelede en politici nie?

Deon ·

Tyd dat die gereg beheer kry oor die misdaad wat so oorweldigend is… Dit is nie baie sensationeel om oor “tannie sarie se hondjie wat toertjies kan doen” te lees of berig nie maar hierdie moord en doodslag raak darem nou bietjie baie…

Persheks Adri ·

Nie in ons tyd nie dis ‘n land waar kriminele alle reg het en niemand doen iets nie

Sarel ·

Jy mag mos nie die Bendes hard slaan nie. Hullr is mos ANC Kiesers en die Grmeenskap szl beswaar asnteken.
Wazr is die EFF en ander Lawaaimakers in do geval

Blikkies ·

Nee. hulle het nie wettige wapens nie, Los hulle uit, gaan vat eerder die wapens van die onskuldige burgers met wettige lisensies.

Persheks Adri ·

Hulle gaan nonsens op tel met ons wat dit wettig het! Plaas gebruik hoed sy tyd nuttig en gaan soek daai wapens Blikkies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.