Driedubbele moord op Delft-straathoek ondersoek

Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie. (Argieffoto: Hansie Linde)

Niemand is nog in hegtenis geneem ná die skietdood van drie mans op ʼn straathoek in Delft in die Wes-Kaap Vrydagoggend nie.

Brig. Novela Potelwa, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê volgens die voorlopige ondersoek was die oorledenes op die hoek van Sandelhoutstraat en Delft Main-weg toe aanvallers toegeslaan en verskeie skote op hulle afgevuur het.

“Twee mense wat gewond is, het gesterf terwyl hulle in die straat van die gewapende mans gevlug het, terwyl ʼn derde man – wat in ʼn voertuig was – aan sy beserings beswyk het nadat hy in die kop geskiet is.”

Potelwa sê die name van die slagoffers, vermoedelik van Crossroads, sal bekend gemaak word sodra hul naasbestaandes ingelig is. Die slagoffers is tussen 30 en 44 jaar oud.

“Die motief vir die skietvoorval moet nog bepaal word en die ondersoek duur voort.”

Die polisie het ook ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die skietery gevra om die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Peach

Sad but, gangster activities…..