ʼn Driedubbele moord Maandag op ʼn plaas by Bishopstowe in KwaZulu-Natal het die boerderygemeenskap in die provinsie geruk.
Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê daar was glo twee weke gelede ʼn arbeidsdispuut tussen Daniël de Bruin en sommige van sy werkers.
“Twee van die werkers was ongelukkig met hul werkgewer se besluit. Die plaas is gesluit en die werkers is verskuif na ʼn informele nedersetting waar hulle woon,” het Mbele gesê.
Twee verdagtes het glo gister by ʼn snoepwinkel op die plaas opgedaag, De Bruin se seun daar aangetref, en skyfies gekoop en opmerkings gemaak.
“Later die middag het ʼn ander boer die slagoffer se seun gebel en ingelig dat die plaas aan die brand is,” het Mbele gesê.
“Daar was geen antwoord toe hy sy ouers probeer bel het nie. Hy het na die plaas gehaas en sy ouers en oupa se liggame met steekwonde aan die nek en kop aangetref.”
Volgens die polisie is die 58-jarige Daniël de Bruin se liggaam ʼn paar meter van die hoofhuis aangetref. Sy vrou, Glynis de Bruin (60), is dood in die kombuis gevind. Die liggaam van die 84-jarige Colin de Bruin, Daniël se pa, is net buite sy kamer aangetref.
“Ná ʼn intensiewe ondersoek het speurders van Bishopstowe met die hulp van die Mountain Rise-honde-eenheid twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 35 jaar oud, by die Swapo- informele nedersetting in Copesville in hegtenis geneem.
“Hulle verskyn Donderdag op aanklagte van moord in die Pietermaritzburg-landdroshof,” het Mbele gesê.
Lt.genl. Khombinkosi Jula, KwaZulu-Natalse polisiehoof, het die polisie vir die spoedige inhegtenisnemings geloof.
“Geregtigheid sal geskied en ons hoop die familie vind berusting in die wete dat die [vermeende] oortreders agter tralies is,” het Jula gesê.
Chris Pappas, ʼn DA-lid van die provinsiale wetgewer, het intussen gesê die party is diep bedroef deur dié moorde, asook die moord op ʼn 85-jarige boer van Albert Falls. Die man is die afgelope week doodgeskiet.
“Die twee gruwelmisdade is net die jongste in wat ʼn verskriklike en tragiese paar maande in die KwaZulu-Natalse boerderygemeenskap was. Die DA betuig sy diepe medelye met al die gesinne en gemeenskappe wat deur die voortgesette geweld in ons landelike gebiede geraak word,” het Pappas gesê.
Volgens Pappas het die DA reeds verskeie proaktiewe voorstelle en oplossing aan die KwaZulu-Natalse premier, Sihle Zikalala, en sy LUR vir landbou en gemeenskapsveiligheid voorgelê.
Dít was vier maande gelede en volgens Pappas het daar sedertdien geen opvolgvergadering plaasgevind vir enige verdere besprekings nie.
“In al die gevalle is die blatante gebrek aan politieke wil en die ongevoelige houding van die ANC-geleide provinsiale regering klokhelder. Die gebrek aan optrede grens aan pligsversuim deur die provinsie se leierskap.”
Pappas sê terwyl die regering vinnig ingryp by geweld teen die vragvervoerbedryf en transitorooftogte, sit hy roerloos en emosieloos oor kwessies wat boere en plaaswerkers raak – mense wat volgens hom teen ʼn veel groter tempo aangeval en vermoor word as talle ander groepe.
“Nie net stry hulle teen die natuur, die koronavirus en beleidsonsekerheid terwyl hulle Suid-Afrikaners probeer voed nie, hulle spandeer ook hul nagte om hul families en gemeenskappe te bewaak met die hoop dat hulle nie volgende gaan wees nie.”
Pappas sê boere, plaaswerkers en landelike gemeenskappe moet teen hierdie wrede misdade beskerm word.
“Die vraag is: Hoeveel langer moet hulle wag vir die regering om ferm op te tree? Of wag die regering vir gemeenskappe om sake in hul eie hande te neem?”
Hoe tragies. Wanneer gaan hierdie wrede moorde op ons boere ophou? Dankie tog dat die vermeende moordenaars in hegtenis. geneem is.
sameul ek stem saam .die anc regering het geen beheer oor die land nie .al wat gaan help is doodstraf .sulke moordenaars het mos geen reg op lewe as hulle ander se lewens neem en ons nog vir hulle moet sorg nie
En wat dink jy gaan gebeur met die huidige gepeul aan bewind as die doodtraf terug gebring word…
Solank die anc aan bewind is, of enige kommunistiese party, is die doodstraf NIE n opsie nie…
Hoe lank Eltan, gaan julle aanhou daardie deuntjie sing? Moet nie agter ander aan praat nie. Wees oorspronklik.
Ek is sprakeloos.Die wreedheid is skokkend en hulle moor voort sonder om ñ oog te knip.
Daar is net een antw en op lossing ons moet nou doen wat hulle doen die gepraat help net mooi niks. So gaan dit as jy met die ANC terroriste wil onderhandel.
Skuim!! As hulle nie hul sin kry nie, dan moor hulle! Sluit hulle lewenslank toe!
Nee,hang hulle
Dis verskriklik…. Ek het ‘n volbloed plaasseun, 23 jaar oud wat sopas klaar is met sy praktiese jaar maar ongelukkig was daar net té veel plaasaanvalle by die omliggende plase waar hy gewerk het dat hy nou eerder besluit het om werk in die stad te aanvaar.
Ek bid vir vertroosting vir die wat agterbly.
Hoe gewetenloos kan “mense” wees? Lw mense in aanhalingstekens want vlg my beskeie mening is dit die bose en geensins mense nie. Hoe troos mense woorde in sulke omstandighede ~ dit is ‘n klad teen ALLE politici se name!
Hierdie oorlog is besig om momentum op te bou en sal eers tot n eiende kom na n katastrofiese uitbarsting
Die regering sal nie optree nie, want dan verloor die staat miljoene rand aan boedel belasting. ‘n Boedel kanie afgehandel word voordat die skuldiges se saak afgehandel is nie.
Hoekom begin ons nie ook skiet en steek nie????
So hulle is agter tralies en sal weer uit kom. Di boere is dood en sal nie. Doodstraf moet trug.
Daar is net een oplossing vir die moorde in SA’ en wat n demper sal plaas op die moorde,Dit is die doodstraf, n lewe vir n lewe,as jy n lewe neem moet jy weet dit is jou lewe se einde ook Tronk is geen afskrik middel nie
Papas van die DA wat so uitvaar teen die ANC, waarom na ander kyk as jou planne nie werk nie? Waarom het jy nie n opvolg vergadering gereel nie? Waarom maak jy nie pro aktief vuur onder die anc se sterte nie….. JULLE POLITIKUSTE MOET VAN JULLE SEEPKASSIES AFKLIM EN JULLE LAND BEGIN DIEN, DIS WAARVOOR JY JOU PAY KRY. GAAN KUIER BY DAARDIE MENSE WAT NOU SO IN SMART IS, SODAT JY KAN SIEN JOU STROOI PRATERY IS NET WIND!!!!
Ek stem volkome met Deon saam! Hierdie provinsie is in hierdie toestand van verval & misdaad agv mense soos jy wat posisies beklee vir die status daaraan verbonde. Hierdie seun /familie is in hierdie hartverskeurende toestand agv politikuste soos jy. ‘Own it’ Pappas. Jy is n verraaier van die lojale, hardwerkend kieser van die provinsie.
Tipiese Suid Afrikaanse mentaliteit………..breek en moor as jy nie jou sin kry nie!!!!!! Maak mens net siek!!!!!!!!!!
SA is verrot! Die regering moet die regte ding doen en onomwonde erken dat hul met hul hande in die hare sit en dat hul nie die land kan regeer.. Dit sal dan darem in ń mate daartoe lei dat daar ń bietjie respek vir hulle sal wees. Maar op hierdie wyse soos dinge nou aangaan word die kloof tussen rasse en klasse net groter en die land val net verder in die diepte van ongekende duisternis.. Die armes word nog armer, die ekonomie val vee verby rommel, die skelms raak net almeer korrup en die regstelsel word net al minder geloofwaardig.. Hoe donker kan ń prentjie nog gekleur word?
Dis tyd om die regering en kie aan te kla vir volksmoord
Absoluut! ELKE plaasmoord(spesifiek!), moet die gesin/familie, die staat dagvaar! Maar uit hul eie sakke, en nie die hardwerkende belastingbetalers s’n nie!
Hierdie 3 mense was persoonlike vriende van my. Danie was net ‘n ou groot teddiebeer – geen kwade gevoellens teenoor ander nie. Glynis was ‘n moeder en ouma in die volle sin van die woord. ‘n Opregte omgee mens. En oom Collin, was ‘n skadelose ou man. Siekte het hom meestal in die bed gehou. Hoe hierdie adders enige van hulle op so ‘n brutale manier kon vermoor bewys net een ding. Geen, maar net GEEN menslikheid. Waar daar so iets soos ‘n hart moes wees, is daar slegs ‘n PIKSWART stuk GRANIET !!! Ek spreek ons ALMAGTIGE Vader se toorn uit oor ELKEEN van diesulkes. Julle dag SAL kom !!!
N.S. Geen disrespek aan die skrywer van die artikel – maar oom Collin was nie Danie se vader nie, hy was Glynis se vader en Danie se skoonpa. Sy van was Schwegman en nie ook de Bruin nie.