Driehoek-tragedie: Minister sê bruginspeksies is gereeld gedoen

Die toneel nadat die loopbrug by Hoërskool Driehoek ineengestort het, Foto: Verskaf

Onderwysowerhede het verskeie inspeksies uitgevoer voor die loopbrugtragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark, sê die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga.

Sy het in antwoord op ʼn skriftelike parlementêre vraag deur adv. Anton Alberts, VF Plus-LP, gesê inspeksies van die brug, wat vroeër vanjaar ineengestort het, het gereeld plaasgevind, insluitend op 8 April 2006, 20 September 2006, 8 April 2014 en in Julie verlede jaar.

ʼn Betonblok van die loopbrug by dié skool het in Februarie op ʼn groep leerders ná ʼn saalopening ineengestort. Vier leerlinge, Roydon Olckers (17), Jandré Steyn (13), Marli Currie (13) en Marnus Nagel (16), is dood en nog 29 ander is met verskeie beserings na hospitale in Gauteng gehaas.

Motshekga het in haar antwoord gesê die skool se infrastruktuur is in elke geval elke kwartaal geïnspekteer. Sy beweer alle tersaaklike regulasies en wetgewing is nougeset nagevolg.

Foto: Netcare911

Wat inspeksies van die loopbrug betref het Motshekga klem gelê op kwartaallikse departementele gebou-inspeksies, noodinstandhoudingsmonitering, assessering deur onafhanklike diensverskaffers, infrastruktuur-ondersoeke, navorsingsbesoeke, die skoolhoof se visuele inspeksies, oorsigbesoeke deur lede van die Gautengse wetgewer en toesig-inspeksies as deel van die register van skoolbehoeftes.

Motshekga het bygevoeg dat alle eise teen die onderwysdepartement hanteer sal word kragtens artikel 60 van die Skolewet, wat die staat aanspreeklik hou vir enige verlies of skade as gevolg van nalatigheid of enige onderwysaktiwiteit by ʼn openbare skool of waarvan ʼn openbare skool die aanbieder is.

Vergoedingseise sal ingestel kan word kragtens die Wet op Staatsaanspreeklikheid van 1957, het Motshekga gesê.

Lees alle vorige berigte oor Hoërskool Driehoek op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Stan ·

Sal graag die bou planne van die brug wil sien. Op die foto kan gesien was dat die strukture nie gi-intigreer was nie.

Jan ·

Van dag een af vra ek hoe het daai bouwerk inspeksies geslaag . Wat het daai stuk blad daar bo gehou .

Hans Richardt ·

Dun lug wat beton stut? Logika dikteer dat swaartekrag en verwering van metaal en beton in jare van uitsetting en inkrimping sou verweer in nat, koue en hitte. So ook die voeë se isolasie.
Die mataal was om reëlings op boonste vlak vas te hou.
Geen beton/metaal pilare onder brug?

Theo ·

Die on geluk het bewyys dat die ondersoeke(indien ooit gedoen, moontlik is inspeksies in ‘n kroeg gedoen) swak gedoen was. Die sogenaamde inspekteurs moet voor stok gekry. Wat se kwalifikasie het hulle gehad, behalwe hulle velkleur. Enige iemand met onde rvinding in konstruksie sou daardie gebreke raakgesien het

Abe ·

Theo,
Geboueinspeksies kwartaalliks gedoen? Na 40 jaar in die onderwys klink dit vir my baie onwaarskynlik, kortom; ek glo dit nie!

Jc ·

Wonder of die persone wat die inspeksies gedoen het die nodige kwalifikasies gehad het. Dit moet ook eers bewys word, en die nodige dokumente moet voor gelê word.

Patrys ·

2006 en 2015???? Onderhoud en inspeksies is seker volgens Eskom se standaard gedoen….nul tot geen. Waar geld ter sprake is, is daar altyd alles gedoen “volgens reëls”…..TOE NIE!!!!

Johann ·

Ja Angie….volgens jou en jou onbevoegde ANC kaders se standaarde! So jy ERKEN dat dit NUL en VOID is! En sy glo haar self en haar kronies se verslae? SHAME IN YOU!!!!! Gewetenlose medepligtige aan moord!

C VL ·

2006 en 2014 is nie gereeld nie. En verlede jaar moes hulle onraad vermoed het. Klomp twak wat die dept kwytraak.

Andre ·

Die minister wil net die departement beskerm met nog leuens waarin hulle alreeds meesters is.
Ek glo dat 99% van skoolhoofde met my sal saamstem dat sogenaamde inspeksies nie bestaan nie.
Hulle kan nie bekostig om kundiges te vergoed vir profesionele verslae nie nog minder het hulle personeel in eie geledere om inspeksies doen en die nodige voorskrifte te gee nie.

Gert van Wierdapark ·

Selfde vraag: Wie (instansies se name en spesifikasies) het die inspeksies gedoen, en is daar akriftelike verslae? Dis ‘n vae/gryserige antwoord deur die mini-ster, wat sekerlik gebruik gaan word in die moontlike teenstaan van eise!

marous ·

Ja , nes eksdom se instandhoudings inpeksies elke dag gedoen is . Ek hoop hulle dagvaar die rook onder haar en die sonderwys depatement uit !

Planke ·

As ek reg kan onthou net na die ongeluk is daar gese dat die skoolhoof verskeie briewe aan die departement geskryf het. Dis n groot klomp bol.

Anoniem ·

Die brug het die “gereelde inspeksies” met 30% geslaag.

Heksie ·

Sy lieg en wil nou net weer haar eie gat red. Waar is die bewyse van die sogenaamde inspeksies wat gedoen is?
Bring die verslae en die persone wat dit uitgevoer het, want dan is daardie persone net so verantwoordelik vir daardie tragedie as wat Lesufi beweer die skool is.

Judge Dredd ·

Dan moet julle sekerlik kyk of die mense wat inspeksies gedoen het, hul werk reg gedoen het.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.