Onderwysowerhede het verskeie inspeksies uitgevoer voor die loopbrugtragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark, sê die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga.
Sy het in antwoord op ʼn skriftelike parlementêre vraag deur adv. Anton Alberts, VF Plus-LP, gesê inspeksies van die brug, wat vroeër vanjaar ineengestort het, het gereeld plaasgevind, insluitend op 8 April 2006, 20 September 2006, 8 April 2014 en in Julie verlede jaar.
ʼn Betonblok van die loopbrug by dié skool het in Februarie op ʼn groep leerders ná ʼn saalopening ineengestort. Vier leerlinge, Roydon Olckers (17), Jandré Steyn (13), Marli Currie (13) en Marnus Nagel (16), is dood en nog 29 ander is met verskeie beserings na hospitale in Gauteng gehaas.
Motshekga het in haar antwoord gesê die skool se infrastruktuur is in elke geval elke kwartaal geïnspekteer. Sy beweer alle tersaaklike regulasies en wetgewing is nougeset nagevolg.
Wat inspeksies van die loopbrug betref het Motshekga klem gelê op kwartaallikse departementele gebou-inspeksies, noodinstandhoudingsmonitering, assessering deur onafhanklike diensverskaffers, infrastruktuur-ondersoeke, navorsingsbesoeke, die skoolhoof se visuele inspeksies, oorsigbesoeke deur lede van die Gautengse wetgewer en toesig-inspeksies as deel van die register van skoolbehoeftes.
Motshekga het bygevoeg dat alle eise teen die onderwysdepartement hanteer sal word kragtens artikel 60 van die Skolewet, wat die staat aanspreeklik hou vir enige verlies of skade as gevolg van nalatigheid of enige onderwysaktiwiteit by ʼn openbare skool of waarvan ʼn openbare skool die aanbieder is.
Vergoedingseise sal ingestel kan word kragtens die Wet op Staatsaanspreeklikheid van 1957, het Motshekga gesê.
Lees alle vorige berigte oor Hoërskool Driehoek op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Sal graag die bou planne van die brug wil sien. Op die foto kan gesien was dat die strukture nie gi-intigreer was nie.
Die on geluk het bewyys dat die ondersoeke(indien ooit gedoen, moontlik is inspeksies in ‘n kroeg gedoen) swak gedoen was. Die sogenaamde inspekteurs moet voor stok gekry. Wat se kwalifikasie het hulle gehad, behalwe hulle velkleur. Enige iemand met onde rvinding in konstruksie sou daardie gebreke raakgesien het
Wonder of die persone wat die inspeksies gedoen het die nodige kwalifikasies gehad het. Dit moet ook eers bewys word, en die nodige dokumente moet voor gelê word.
2006 en 2015???? Onderhoud en inspeksies is seker volgens Eskom se standaard gedoen….nul tot geen. Waar geld ter sprake is, is daar altyd alles gedoen “volgens reëls”…..TOE NIE!!!!
‘n Beton brug, met dun lug as pilare? Logika…