Driejarige deur winkelruit gestamp

Die ongelukstoneel. Foto: @kakspotter op Twitter.

Die ongelukstoneel. Foto: @kakspotter op Twitter.

ʼn Driejarige dogtertjie is in ʼn ernstige toestand in ʼn Johannesburgse hospitaal nadat ʼn motor haar deur ʼn winkelruit gestamp het, het Beeld Saterdag berig.

Zoe Tsotsetsi se pelvis is gekraak, haar lewer bloei en sy is aan ʼn ventilator gekoppel, volgens die berig.

Sy het glo saam met haar ouers op ʼn sypaadjie in Witpoortjie geloop toe ʼn motor glo bo-oor die sypaadjie gery het en haar deur die Spar-winkel se ruit gestamp het. “Die motor se bandmerke sit nog op haar maag en been,” het Zoe se ma, Diana, gesê.

Charlene de Wit, die bestuurder van die motor, het gesê sy is steeds onseker oor wat gebeur het. “Ek kan nie sê of ek dalk die petrolpedaal vir die briek aangesien het nie, maar my motor het nie gestop nie en oor die sypaadjie gegaan.”

Die eienaar van die Spar het aan Beeld gesê hy het na beeldmateriaal gekyk van wat gebeur het en dat De Wit nie stadig in die parkeerarea in gery het nie. Glasdeure en veiligheidshekke ter waarde van sowat R70 000 is stukkend gery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anette de lange ·

Hoop regtig sy het n bestuurslisesie anders sien ek nag vir haar.

Jo ·

Sjoe, arme kind! Dit kan sekerlik ook nie maklik wees vir die arme bestuurder nie. Ek kan my nie eers indink wat sy op die oomblik deurgaan nie. Sterkte aan die ouers, aan Zoe en ook aan Charlene.

Drieks ·

As dit my kind was het ek gevra vir selfoon rekorts van die motor bestuurder.
Ek aanvaar ons nie volmaak nie, maar die selfone is vir my ‘n nagmerrie.

Thea Bothma ·

was ook al by die apteek , waar die ongeluk was, dit is besig parkeer area, dit is n wonder dat daar nie meer ongelukke is nie, die motoriste jaag, daar is min parkeering, en die voetgangers loop net voor die karre in , die bestuurders kan mos stop, die bestuurders baklei vir parkeering en dan gebeur die ongelukke. die mense wil binne die slaghuis, apteek, en spar parkeer. die meeste ongeskikte bestuurders is mense wat ouer is en op pensioen is, daar is baie sypaadjie verkopers en is glad nie bang vir voertuie nie, en loop sommer voor die karre in, daar sal drasties iets gedoen moet word

Chris ·

Ek stem saam, het in Witpoortjie vir meer as 7jaar gewoon, daardie is n baie besige een rigting straat , maar wil net se dit is NIE NET ONGESKIKTE OUER EN MENSE WAT OP PENSIOEN is nie, dit is almal, die jong mense jaag soos duiwels daar om n parkeering te kry en mense ry agteruit sonder om te kyk en ry in ander motors vas. Hoop die klein mensie herstel gou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.