Driejarige dood ná bure se honde hom aanval

(Foto: SA Polisie)

ʼn Driejarige seuntjie van Kirkwood in die Oos-Kaap is dood nadat hy deur twee vegbulterriërs aangeval is.

Charl Baartman was omstreeks 12:20 Woensdag in die bure se erf in Aquapark toe die twee vegbulterriërs, ook bekend as Amerikaanse veghonde, hom aangeval het. Hy is na die naaste hospitaal gehaas waar hy aan sy beserings beswyk het.

Volgens sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, is inligting oor die voorval in dié stadium skraps en het die polisie ʼn geregtelike doodsondersoek begin.

“Die twee honde is later na die plaaslike DBV gevat om van kant gemaak te word.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die ondersoekbeampte, AO Morné van Tonder, by 082 441 7738 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Fred ·

Daar is ander woorde ook en toepaslik op die nalatige verantwoordelike persone….

Grassie ·

Ek weet nie waarom mense nog toegelaat word om Amerikaanse veghonde aan te hou nie. Die eienaars sal waarskynlik hier vertel dat hul honde die lieftalligste, gehoorsaamste honde is, die aanvalle is altyd die slagoffer se skuld. ‘n Driejarige seuntjie se skuld? Die meeste bytvoorvalle waarvan ons hier op MM gelees het, was deur veghonde gedoen.

Pampoen ·

Dis nou al die soveelste geval waar ‘n kind doodgebyt of ernstig beseer is met permanente letsels. Daar moet nou opgetree word.

Grens ·

Daai honde is soos ‘n mak buffel, hulle is net oulik tot hy jou doodmaak.

Excalibur ·

STEM, BAIE BAIE HARTVERSKEUREND AAN BEIDE DIE SWAARDKANTE. “Nooit die skut nie maar altyd die soort geweer (wapen) se skuld” is die spreekwoord hier van pas. Vriende, as ‘n ervare K9-Instrukteur en Hondemeester is die uiteinde nie altyd so maklik of eenvoudig nie en le die waarheid menigmaal in 3-voud antwoorde (myne, joune en die neutrale werklike).
Honde van enige soort kan of jou BESTE VRIEND of jou BESTE WAPEN wees maar aan die einde van die dag gaan dit oor wat JY daarmee wou doen en watter invloed jy uitge-oefen het. Nee, ek gaan nie oordeel of vingerwys of verskoning maak nie want ek is nie 100% vertroud met die insident se feite nie MAAR ek sal wel dit be-aam dat die mensfaktor gewoonlik die hoofoorsaak van alle gevalle goed/sleg is. Ek bid vir hierdie gesin se verlies maar ook vir die honde-eienaar wat met die onuitwisbare gevolge moet saamleef…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.