Driejarige gered ná kaping

Foto verskaf deur ER24

Twee vroue is vir ondervraging in aanhouding ná ʼn driejarige seuntjie gered is uit ʼn voertuig wat Dinsdagoggend vroeg in die suide van Johannesburg gekaap is.

Die voertuig is verlate gevind by Thulamtwana- informele nedersetting, het kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 09:45 na die toneel ontbied ná plaaslike owerhede die motor verlate op ʼn grondpad aangetref het. “ʼn Driejarige seuntjie was nog in die motor. Paramedici het die seuntjie ondersoek wat in die polisie se sorg was. Hy was gelukkig ongedeerd, maar duidelik beangs.”

Paramedici het die kind ná die ondersoek aan sy pa op die toneel oorgegee. “Die pa het gesê hulle is vroeër in die Randfontein-gebied gekaap.”

Dlamini het gesê die 37-jarige pa het saam met sy meisie gery toe hy langs die pad stilgehou het. “Twee mans het uit die bosse daar naby gekom en vuurwapens op hom gerig en met die motor weggery. Die motor is met ʼn spoorstelsel gevolg tot by die informele nedersetting, nie ver van waar dit aanvanklik gekaap is nie.”

Die pa en sy vriendin is nie beseer tydens die kaping nie.

“Die twee vroulike verdagtes word ondervra omdat hulle moontlik met die kapers saamgewerk het. Sodra hulle aangekla is, sal hulle na die landdroshof in Vereeniging geneem word waar hulle tereg kan staan op aanklag dat hulle medepligtiges is aan die kaping. Die twee mans wat die pa en sy vriendin aangeval het, is nog nie aangekeer nie,” het Dlamini verduidelik. Die polisie volg verskeie leidrade op.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Santjie ·

Ek verstaan nou nie waar kom die 2 vroulike kapers in nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.