Driejarige gered uit moordhuis

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn Driejarige seuntjie is ongedeerd uit ʼn huis gered waar sy ma kort tevore vermoor is.

Volgens die polisie het bure Donderdag omstreeks 02:00 gille uit die huis in Igakeng, naby Potchefstroom in Noordwes, hoor opklink. Hulle het die polisie ontbied wat inderhaas na die toneel is en die huis binnegestorm het.

“Die slagoffer is in ʼn plas bloed met verskeie steekwonde aan haar bors en ernstige kopbeserings aangetref,” sê kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder.

Paramedici het die 34-jarige Thuleka Zabezolo op die toneel dood verklaar.

“Haar driejarige seuntjie uit ʼn vorige verhouding is ongedeerd uit die huis gered,” sê Myburgh.

Zabezolo se man (28) is later dieselfde dag in verband met haar moord aangekeer. Die twee het glo vroeër ʼn rusie gehad.

Die verdagte verskyn na verwagting Maandag in die Potchefstroomse landdroshof.

Lt.genl. Sello Kwena, polisiehoof in die provinsie, het die voorval ten sterkste veroordeel en gesê die polisie sal alles moontlik doen om te verseker die skuldige boet vir sy dade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Delia ·

Die seuntjie is nie ongedeerd gered. Gaan kyk na die definisie van ongedeerd. Die emosionele skade wat daardie kind opgedoen het deur heel moontlik sy ma se moord te aanskou is veel erger soms as fisiese skade. Hy moes tog haar gille aangehoor het.

Swanie ·

En sy ma is vir ewig weg , die res van sy lewe is opgevoeter

Cherokee ·

Swanie, vir ewig na elders en ‘opgevoeter’ beteken geskop.

Delia ·

Emosionele beserings is ook beserings. Emosionele skade is ook skade

lodewyk ·

En Cele en CR het hulle self uitgespreek oor die toename van geslags geweld en geweld teenoor kinders,maar dit raak net erger,hulle bewys nou weereens dat hulle net meer bek as binnegoed is,kan nie glo dat Cele nog polisie minister is nie??-maar ja so kyk die ANC na hulle maats…..

Perdeby ·

Jy kan maak wat jy wil jy kan nie iemand se persoonlikheid vrrander nie en hulle kan ook nie vir elke gesin of paartjies in SA n polsie beampte gee om hulle te kyk nie. Besluit vir jouself wil jy in so n verhouding of huwelik wees. DIS JOU KEUSE of jy so behandel wil word. Moenie se die polisie is sleg as jy graag so behandel wil word nie. Was in die polisie en glo my vrouens wil so behandel word want dit is HULLE wst die sake teen die man kom terug trek na al jou moeite om n dossier te open. STANK VIR DANK!!!

Cherokee ·

Gompietjie, jy praat snert van die hoogste rakke. Èn dít sommer sonder om jou skrywe weer te lees. Ek glo 20002+ dames sal my hiermee ondersteun.

Rina ·

Cele en CR kan tog ook nie oral wees om te keer as daar huis moles is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.