Driejarige glo deur venster gesteel

Portia Hlengwa Foto verskaf deur die SAPD

Portia Hlengwa Foto verskaf deur die SAPD

Die polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering nadat die driejarige Sikhona Portia Hlengwa uit haar ma se vriendin se huis verdwyn het.

“Slindile Hlengwa, Portia se ma, het haar Sondag by ʼn vriendin se huis in KwaMashu gaan aflaai,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die vriendin, Nomzamo Nzama en die kindjie was glo aan die slaap toe ʼn verdagte vanoggend vroeg toegang deur ʼn venster bekom het.”

Die polisie versoek enigiemand met verdere inligting om met die ondersoekbeampte, konstabel Sithembile Precious Khuluse, in verbinding te tree. Skakel 084 504 0341 of Crime Stop by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.