Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die omstandighede rondom die meisie se dood word ondersoek. “’n Saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”
Die meisie is Saterdagaand omstreeks 18:30 in Goldenstraat in Bloekombos, Kraaifontein doodgeskiet. Van Wyk het ʼn beroep gedoen op lede van die publiek om die polisie te kontak indien hulle enige inligting het oor die voorval.
Ai dit is so hartseer dat hierdie kind se lewe so vroeg uitgedoof word. Seker maar weer Bendes
wat teen mekaar baklei.
My innige meegevoel aan die kleuter se ouers en familie