Driejarige in Kaapstad doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Driejarige dogtertjie is in Kraaifontein in Kaapstad doodgeskiet, het die Wes-Kaapse polisie gesê.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die omstandighede rondom die meisie se dood word ondersoek. “’n Saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Die meisie is Saterdagaand omstreeks 18:30 in Goldenstraat in Bloekombos, Kraaifontein doodgeskiet. Van Wyk het ʼn beroep gedoen op lede van die publiek om die polisie te kontak indien hulle enige inligting het oor die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anet ·

Ai dit is so hartseer dat hierdie kind se lewe so vroeg uitgedoof word. Seker maar weer Bendes
wat teen mekaar baklei.

My innige meegevoel aan die kleuter se ouers en familie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.