Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê met paramedici se aankoms op die toneel het die seuntjie langs die pad in sy ma se arms gelê. Meiring sê die seuntjie het kritieke beserings opgedoen waaronder beserings aan sy kop en ʼn gebreekte arm en been.
Hy sê paramedici het mond-tot-mond-asemhaling op die seuntjie toegepas voor hy per helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg vervoer is.
Meiring sê volgens omstanders het die taxi die seun raakgery voor die bestuurder van die toneel af weggejaag het. Die polisie ondersoek die saak.
Mens kan net hoop dat die taxi-bestuurder spoedig opgespoor sal word en baie swaar gestraf word deur nie eers te stop nie.