Driejarige kritiek na taxi hom tref

Foto: @GPSmedic/Twitter

Foto: @GPSmedic/Twitter

ʼn Driejarige seuntjie is in ʼn kritieke toestand nadat hy Sondagoggend op die N14 naby Tarlton buite Krugersdorp deur ʼn minibustaxi raakgery is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê met paramedici se aankoms op die toneel het die seuntjie langs die pad in sy ma se arms gelê. Meiring sê die seuntjie het kritieke beserings opgedoen waaronder beserings aan sy kop en ʼn gebreekte arm en been.

Hy sê paramedici het mond-tot-mond-asemhaling op die seuntjie toegepas voor hy per helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg vervoer is.

Meiring sê volgens omstanders het die taxi die seun raakgery voor die bestuurder van die toneel af weggejaag het. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Veronica Deacon ·

Mens kan net hoop dat die taxi-bestuurder spoedig opgespoor sal word en baie swaar gestraf word deur nie eers te stop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.