Driejarige oorleef val van krans

(Foto: Verskaf)

ʼn Driejarige sterk aan in die hospitaal nadat die kleuter sowat 30 m ver by ʼn krans in Durban, KwaZulu-Natal, geval het.

Volgens Paul Herbst, woordvoerder van Medi Response-ambulansdiens, het die voorval Maandag in Umgeniweg in Durban plaasgevind.

“Paramedici is na die toneel ontbied nadat inligting ontvang is dat ’n kleuter by ’n krans afgeval het,” sê Herbst.

By paramedici se aankoms op die toneel is vasgestel dat die kleuter ongeveer 30 m ver geval het.

“Die paramedici het saam met Durbanse metropolisie se soek-en-reddingseenheid ʼn gat deur ʼn muur gebreek om toegang tot ʼn paadjie na die kleuter te kry.”

Die kleuter het matige beserings opgedoen en is per ambulans na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

BullsBabe ·

Dankie Here dat U Hande Groot is…..daai kleintjie is ongedeerd omdat U in beheer was, is en altyd sal wees….Alle eer kom die Here toe…..AMEN!!!

Dr Pieter ·

Praat van die Here se beskermengele! Groot genade dat hy nie dood of ernstig beseer is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.