Driejarige seuntjie doodgery, polisie op soek na bestuurder

Argieffoto

Argieffoto

Die Noordwes-polisie is op soek na die bestuurder van ʼn groen Toyota Corolla, met ʼn nommerplaat waarop slegs 117NW sigbaar was, wat na bewering ʼn driejarige seuntjie doodgery het.

Sers. Kelebogile Moleko, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Woensdag om 19:44 in Ikageng, Potchefstroom, plaasgevind.

Volgens ʼn ooggetuie het die verdagte se motor die seuntjie getref en toe van die toneel weggejaag.

Die polisie vermoed dat die kleuter raakgery is toe hy die pad probeer oorsteek het. Volgens die aanklaer was die verdagte se nommerplaat net gedeeltelik sigbaar, aangesien dit reeds donker was toe die voorval plaasgevind het.

Die kleuter het ernstige beserings aan sy enkels, kop en maag opgedoen. Hy is na die Potchefstroom-hospitaal vervoer waar hy aan sy beserings beswyk het.

Die Ikageng-polisie is steeds op soek na die verdagte en versoek die gemeenskap om vorendag te kom met inligting oor die bestuurder van die motor. Bel die Ikageng-polisie by 018 295 173.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ruby ·

Agge nee! Sterkte aan sy familie :-(

Hoop die drywer word vandag nog gevang.

susan ·

Driejarige kleuter alleen in die donker. Waar was die ouers? Spyt en trane kom altyd te laat…..

broos ·

3 jaar oud en wil alleen ‘n pad oorsteek? waar is die ma of die pa? dis so vreeslik hartseer

Melis ·

Nou vra ek julle met trane in my oe, WAAR WAS DIE OUERS????????!!!!!!!!
Dit maak my soooo kwaad, nou wil die ouers lang trane huil, DIS TE LAAT!! Hulle moes nooit die kind alleen laat loop het nie. Dit gaan seker baie hard van my klink, maar ek het geen sempatie met sulke mense nie! EN aan die een wat die arme seuntjie raak gery het, mag jou gewete jou ry JOU VARK!!! Die Here slaap nie, jou dag sal kom…

Elbie ·

Tragies..as die arme kind se ouers nie so onverantwoordelik was nie, het dit seker nie gebeur nie. Weereens moet n kind die hoogste prys betaal. Ouers kyk asb na julle kinders!

Riette ·

Jammer maar ek dink glad nie die bestuurder is skuldig nie, waar was die ouers van die 3 JARIGE KIND !!!!!!!!!!!

Nic Grobler ·

Riette, daar is regtig niks in die berig wat se dat die ouer(s) nie teenwoordig was nie. Jou veroordelings is misplaas.

Gideon ·

Ek voel jammer vir kind se dood, maar die bestuurder is nie skuldig nie!! Die ouers moes sy hand vasgehou het, en hom nie oor die pad alleen laat loop het nie. Ek kan verstaan dat die bestuurder weggejaag het, want hy/sy het seker geweet, wat wag op hom as daar gestop word!! Hierdie land se mense is soos diere! ( jammer diere)

Anny Penny ·

Dankie Gideon dat jy al die perspektiewe in een kommentaar kon aanspreek

Zelda ·

Wil ek ook weet…..waar is mamma en pappa gewees. My kinders is nege en drie jaar oud, en nie een van die twee sal in die straat gekry word….nie net daai tyd van die aand nie maar nooit alleen nie…dag of nag…….maak mens so kwaad!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.