Driejarige skok dood

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Driejarige kind van Randfontein aan die Wes-Rand is Donderdag doodgeskok toe hy saam met sy maats sokker gespeel het.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is teen 17:40 na die toneel ontbied. Tyler Julius het saam met ʼn groep kinders in Stormrivierstraat in Toekomsrus sokker gespeel toe die kinders die bal oor ʼn heining geskop het.

Julius het gegaan om die bal te gaan haal en aan ʼn elektriese draad by ʼn oop kragboks geraak. Hy is op die toneel dood verklaar.

“Die kwessie van oop kragbokse in die Toekomsrus-gebied is onder die plaaslike regering se aandag gebring,” het Ernst gesê. “Inwoners word aangeraai om uiters versigtig rondom enige elektrisiteit te wees en alle elektriese bedrading as gevaarlik te beskou. Oop kragbokse moet by die plaaslike munisipaliteit aangemeld word.”

Ernst het namens die Randfontein-polisie haar medelye met Julius se familie betuig. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ag nee man ·

Ag nee man, watter 3 jarige spring oor die muur, dit is weer kindertjies sonder toesig wat bietjie ondersoekend geraak het. Oop kragbokse is verkeerd punt.

Anoniem ·

Munisipaliteite se bestuur of selfs die burgermeester moet aangekla word van moord dan sal hulle miskien iets doen aan kragbokse wat nie gesluit is nie. Jy kan in enige dorp ry en jy sal sien kragbokse of krag drade wat by lamppale oop is. Dit is totaal onverantwoordelik van die munisipaliteite en ek hoop van harte dat hierdie kind se ouers die nodige stappe sal neem en n klag van moord sal oopmaak

Ms Zee ·

Parents of Tyler Julius and residents of Toekomsrus, sue the pants off your Council. You pay taxes, don’t you? It should be a class act.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.