Driejarige sterf in fratsongeluk

Die driejarige Nina de Villiers. Foto: Facebook

ʼn Driejarige dogtertjie van Durbanville in die Wes-Kaap is oorlede nadat sy met haar fietsie geval het.

Nina de Villiers is Sondag in die Mediclinic Durbanville oorlede. Eldie Marais, haar ouma, het gesê Nina en haar tweelingsussie, Nikola, het Sondag in hul ouerhuis op ʼn plaas buite Durbanville op hul fietsies gery.

Die fietsies het sywieletjies aan en volgens Marais laat die dogtertjies se ouers, Natasha (32) en Nikie (40), hulle juis toe om in die huis te ry, aangesien hulle nie op die klippies buite kan ry nie.

Nikie en Natasha. Foto: Facebook

Volgens Marais blyk dit dat Nina haar fietsie se handvatsels omgedraai en toe geval het. Sy het vermoedelik op die rem se hefboom geval en dit het ʼn gaatjie in haar hart gedruk.

Die tweeling se ouer sussie het gesien wat gebeur het en hulp ontbied. Natasha het onmiddellik met Nina hospitaal toe gejaag waar sy later oorlede is.

Natalie Hofmeyer, Natasha se suster, het gesê hulle is ʼn baie hegte familie en dat die afsterwe van haar susterskind ondraaglike pyn veroorsaak. “As jy nog nie ʼn kind of geliefde verloor het nie, kan jy nie die wanhoop, verwoesting en hartseer wat dit bring verstaan nie.”

Dr. Willem Smit. Foto: Facebook

Dr. Willem Smit, die pediater wat deel van die span medici was wat Nina se lewe probeer red het, het ʼn roerende boodskap op Facebook geplaas waarin hy vertel van Sondag se tragiese gebeure. “Vandag [Sondag] was een van daardie dae wat in jou brein ingegraveer word en ʼn letsel vir die res van jou lewe agterlaat.”

Smit het gesê soms is alle menslike pogings net nie goed genoeg nie. “En dan kom die deel wat jy vir die ouers moet sê ons het ons bes probeer maar dat dit nie suksesvol was nie.

“Om in ʼn ma en pa se oë te kyk terwyl jou oë reeds met trane gevul is en jy moet vir hulle vertel dat hulle kind nie meer hier is nie en nooit weer gaan wees nie. En ter wille van die familie moet jy jouself staande hou terwyl jou eie hart breek omdat jy gesien het hoe ʼn driejarige dogtertjie voor jou sterf.”

ʼn Skarefinansieringsblad is intussen begin om die familie te ondersteun. Klik hier om die blad te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

toy ·

Dit is vreeslik hartseer! Mag die Here julle gesin toevou in sy arms en julle troos in die tyd.

Agnosties ·

Ek respekteer die feit dat almal hul eie geloof het, en ek weet MatoelaMedia wil Chrostelike beginsels hier handhaaf. Met die beginsels (manier waarop ons,onself moet gedra het ek geen,probleem nie). Ek vra maar net, sou dit dieselfde Here wees wat oor mense se lewens en dood besluit en dus ook besluit het hoe en wanneer hierdie dogtertjie moet sterf? Moet daai selfde Here nou die familie ook troos?

Mads ·

Sjoe die trane loop. Ek sit myself in daai ouers se skoene. Here vertroos hulle asb. Rus in vrede pragtige engeltjie.

Lou ·

Dit is hartverskeurend. Ek het nie woorde nie.
Mag julle kalmte en troos ontvang van ons Hemelse Vader.

TLC ·

O my genugtig
Nou dit weer as n ouma skeur my hart uitmekaar ek wil jammer se maar dit is nie genoeg nie want dit is so verby
Mamma en Pappa en as die oumas en oupas en famielies ek is so jammer al wat ek vra is dat God jul styf vashou en vertroos
Amen

Hartverskeurend ·

Mens kan net vra hoekom hoekom hoekom? …en dan seker nooit die antwoord weet nie….
Dit is tragies.
Mag hierdie ouers troosting vind by Jesus se voete.

VanAfrika ·

Net baie hartseer. So jammer vir die ouers, sussies en ouma. Mag God julle dra.

Ai ·

Ai sy is so ‘n pragtige ou poppie. Mag julle vertroosting kry in die moeilike tyd.

Ronel ·

Ek Ian my Nie indink hoe dit moet voel nie. Baie baie sterkte aan die hele familie. Mag ons Vader julle toevou met Sy liefde en genade. RIV liefste kleinding.

Net n mamma ·

So bitter hartseer! En hoe verduidelik mens nou die ander enetjie dat sussie nie weer terugkom nie?! Dis nou n absolute fratsongeluk.

Onnie ·

Voorwaar ‘n fratsongeluk, wat niemand kon voorsien nie. Wens net ek het geweet hoekom sulke mooi jong engeltjies moet sterf. Soms maak dit net nie sin nie. Haar arme tweelingsussie, sy sal nooit volmaak kan wees sonder haar ander helfte nie. Ontroosbare ouers, soms oorleef mens dit nie, soms kom jou huwelik nie heel anderkant uit nie. Tragies, so sad

Mareli Munnik ·

Ek het nie woorde om jul hartseer ligter te maak nie, mag Jesus jul familie in liefde toevou in hierdie moeilike tyd wat vir jul voorle.

Grace Mugabe ·

Dis moeilik wanneer ‘n jong lewe so onverwags terugkeer na haar Skepper. Mag Hy wat die hart van elke mens ondersoek elkeen, geraak deur hierdie tragedie,individueel vertroos en versterk. Hy weet van al ons hartseer en vang elke traan in ‘n kruik op. Sterkte

Andre ·

Ongelooflik hartseer……..! weet nie wat om te se nie………Sterkte en genade vir julle !

Erika ·

My hart huil vandag vir julle! Geen woorde kan troos bring nie, maar weet sy
is veilig in ons Vader se hande..

Derick ·

Die Here het een van Sy pragtige blommetjies kom pluk.
Wees verseker sy is waar ons hoop om eendag te wees, by Jesus.
Mag Sy Genade, Vrede en Liefde die familie omarm.

Sarel ·

Derick dis nie waar nie
Sulke verskriklike gebeurtenis is nie God se wil nie. Sy WIl GESKIET NIE OP AARDE NIE.CHRISTUS MOET EERS TERUG KOM EN ALLES HERSTEL. SO TRAGEDIE OOK

Yankee ·

Ek stem saam met Sarel. God pluk nie “blomme” nie!! Geensins n voorbeeld daarvan in die Bybel nie, geensins. Woorde wat ONS opmaak om te vertroos. Wat wel sal troos, as dit ooit moontlik kan wees, en glo my, nooit, Vader omvou hierdie pragkind in jou glorie.

VanAfrika ·

Dankie aan Sarel en Yankee, ek het dit ook voorheen genoem. Ek het self my seuntjie begrawe en daar is niks wat my so irreteer as mense se die mooiste blommetjie is gepluk, of dit was sy tyd, of sy werk is klaar verrig of sy plek was net nie op hierdie aarde nie. Een vrou het selfs vir my gesê ek moet my troos daaraan dat as hy nie gesterf het nie sou sy jonger boetie nooit gebore gewees het nie, ek het amper n toeval gehad. Mense wat nie in skoene staan van die wat n kind begrawe het nie, moet passop wat hulle sê. Sou hom eerder hier wou gehad het en nie in n graf nie. Al wat mense moet doen is ondersteun, gee simpatie maar moet nie met gesegdes en cliché’s kom nie. Daardie mooiste blommetjie wat gepluk is nie mooier as my ander twee seuns nie, hulle is al drie my mooiste blommetjies en daar was plek vir hom ook op hierdie aarde en nee sy werk was nog nie verrig nie want hy het nog nie kans gehad om homself te bewys nie en nee dit was ook nie sy tyd nie want Liewe Jesus het ons n verlengde lewe belowe, hoekom moes hy dit mis en nee sy boetie moes nie sy plek gevat het nie want daar is plek vir al drie van hulle in my lewe en in my hart.

Karinda ·

Van Afrika dit is so waar. Baie sterkte aan jou ook. Geen persoon is voorkeur vir God nie. Die dinge gebeur en niks kan so lyfie vervang nie. Dit is verseker nie God se wil om enige kind of ouer weg te vat nie. As die mens gehoorsaam was in die tuin van Eden was alles volmaak maar hulle was nie. God is daar om ons wat glo te dra deur hierdie verskriklike hartseer.

Isabel ·

Sy is so regte ou engeltjie, ai, so tragies. Mag ons Liewe Vader haar geliefdes styf vashou en vertroos.

Manda ·

Rus sag mooiste poppie sterkte aan die ouers en familie….?Liewe Jesus het nog een van Sy mooiste blommetjies kom pluk??

André van Vuuren ·

Ons jongste kind, Cathy, is op 8 Maart 2006 aan kanker oorlede. Dit was moeilik, bitter moeilik, om haar heengaan te verwerk. Sy was 29. Ons verstaan hierdie s
mart wat n ouer deurmaak. Hou mekaar net vas en praat oor haar met mekaar. Ons innige meegevoel , want ons verstaan.

Sandy ·

Dit is skokkend hartseer. My innigste simpatie met haar ouers en sussie en al haar familie wat die hartseer tyd moet deurmaak. God sal met julle wees en Sy hand oor julle hou en julle koester deur hierdie moeilike tyd.

Anne ·

Sjoe, dis hartverskeurend om so iets te hoor. Bitter bitter jammer vir die ouers en familie want dit kan nie maklik wees nie. Geen woorde sal dit ooit kan beter maak nie. Sterkte en al wat ons kan doen is om jul in ons gebede te hou want Hy dra ons waar ons nie kan loop nie.

Adél ·

Ek verstaan hulle hartseer, pyn, skok en alles wat daarmee saamgaam. Ek het verlede jaar my jongste seun begrawe. Dis n seer wat geen ouer ooit moet deurgaan nie. My hart gaan uit na hulle.

Meraai ·

Dit is so hartseer, baie sterkte aan die familie, sjoe, kan my nie indink waardeur haar geliefdes moet gaan nie. Dr Willem Smit is in my oë die beste Pediater in die land en gee soveel om vir elkeen van die kindertjies waarmee hy werk.

Arno ·

Nikie, Natasha, die kinders en die res van die familie, my hart bloei vir julle. Mag julle vertroosting vind in Jesus se liefde en by mekaar. Baie sterkte aan julle almal.

Moederhart ·

My hart breek vir hierdie ouers. Dis onbeskryflik hartseer en ‘n vratsongeluk wat mens nie eers kan dink aan nie. Ek kan net bid dat hierdie ouers en familie vertroosting vind in die Here se genade. RIV kleine engelkind

Ampie ·

Ek weet nie en wil nie weet waardeer jul as familie gaan. Mag jul krag en vertroosting kry by ons Hemelse Vader. Jul is in my gebede

Ampie ·

Dr Smit, dankie ook vir u poging om haar te red. Mag u ook berusting kry

Denelia ·

So hartseer, daar is nie woorde om mens in so ‘n situasie vir julle kan sê nie. Al raad wat ek kan gee staan net mekaar by en ldit is al, want ons het ook’ n kindjie verloor.

Genoeg ·

Sterkte Nikie, Natasha, sussies, oumas en oupas en ook aan dr Willem Smit. Kan net dink hoe hulpeloos en ontredderd ‘n dr moet voel wanneer die lewe onder jou hande wegvloei en jy niks meer kan doen om te red nie.

Joan Smith ·

Ek is so jammer en so hartseer. Mag ons Hemelse Vader julle as ouers en familie die krag en genade gee om deur hierdie ontsettende seer en pyn te kom. Die mooie Nina is nou ‘n engeltjie in God se Koninkryk. Hou asseblief haar sussies styf vas.

Dina ·

My hart pyn elke keer as ek lees van n kind wat seerkry of sterf. Mag die Hemelse Vader vertroosting bring en die vreeslike groot verlies vul met Sy liefde. My gebede omvou die gesin in hierdie moeilike hartseer tyd.

Theresa ·

Dis vreeslik hartseer. Mens kan jou nie indink in julle hartseer nie. Woorde is betekenloos. Al wat ek kan doen is bid vir julle. Baie sterkte, mag die Here julle staande hou.

Erika ·

Baie hartseer, Rus sag poplap. My gebede is met hierdie gesin in hierdie bittere baie moeilike hartseer tyd.

Laetitia ·

Innige simpatie aan die familie.
so hartseer.
Ek hoop die vervaardigers van hierdie fietse, gaan ondersoek instel om sulke beserings te voorkom.

Gesiggie ·

Ek kan die trane nie keer… my hart skreeu…Jesus hoekom? hoekom so n pragtigge engel kind… hoe kan so iets gebeur, sy het net op haar fiets gery? … sy is die mooiste engel kind, en ek het geen woorde aan die Mamma en Pappa en die grootste seer dat hul n tweeling was, Hoe sal ons ooit verstaan hoekom sulke dinge moet gebeur?. My innige meegevoel , mag Jesus jul omvou en aan jul die krag gee in die tyd van rou.

Jessica ·

My hart breek, die trane rol, ek kan net dink hoe hierdie ouer voel, terwyl ek weet hoe vreeslik my sussie oorlede is aan ‘n kop en kop botsing, ek mis haar so baie, mag sy rus in liewe Jesus se sagte hande, hy het sy rosie gepluk in haar our huis se tuin vir die hemel om mooi te lyk. Engeltjie Nina jy is ‘n sterretjie in die hemel. Rus in vrede jy moet dit rustig vat by jou nuwe huis. Mamma, Pappa en jou tweeling sussie sal joe vir ewig mis. Ek is so jammer vir julle verlies. Mag die here julle dra in die swaar tyd. Ek het my man onlangs verloor en my kinders voel die pyn elke dag en wil dit nie aanvaar nie.

ZIS ·

Ons kleinkind het ook `n fietsie met sywiele. sy is ook 3 jaar oud. My hart is stukkend vir die ouers. Mag hule vrede vind in die naam van Ons Vader.

Bs ·

Dit is hard verskeurend om ‘n kind aan die dood af te staan my seun is nou al 6 jaar van af weg ..My innige mee gevoel vir die ouers en familie …sterkte

Pieter ·

Adele Myburgh ek huil hier soos ek dit lees. Die trane loop oor my gesig soos my hart breek en skeer vir daardie ouers. En dan dink ek aan ons tweeling, wat dieselfde ouderdom is, aan hulle gesiggies en lagies en smiles , die gekletter en gebabel en vreugde, toe huil ek my hart uit. Daardie ouers sal nooit weer dieselfde wees nie. Ek dink geen ouer is na so iets met n afsterwe van n kind dieselfde nie. Maar as n pa van n tweeling en weet hoe hulle mekaar lief het en speel hoe anders n tweeling is en om jou te hê, kan ek net sê jammer vir daardie ouers. O my hart lê in skerwe en dit is nie eens my kind nie.
Jammer Natasha en Nikkie. Hierdie pappa en mamma dink baie hard aan julle. Ons sal julle in ons harte en gebede dra. Dit klink en lyk soos woorde, maar ek hoop die Here se genade en saligheid sal oor julle spoel.
Mag Yahwe vir julle rus en vrede gee. Sterkte

Michelle ·

Dit is ‘n verskriklike tragedie. Ek bid vir die ouers en familie maar bowenal vir daardie tweeling sussie. Ekt my eie tweeling sussie vandag 20 weke gelede aan die dood afgestaan. Sy was self ‘n mediese dokter gewees en haar 6 jarige tweeling is nou mamma loos. Ekt die week alleen verjaar en dit is ook nou die ou dogtertjie se toekoms. Sy gaan altyd ‘n gemis na haar sussie ervaar. Daar is maar net ‘n band tussen tweelinge wat nie verklaar kan word nie. Ek bid vir julle!

Kraai Hartzenberg ·

Ons innige meegevoel mensies. Dit is jammer dat haar lewetjie so kort was, maar ons glo die Here sal julle dra in die moeilike tyd. Sy is nou n Engeltjie by God.

Blommetjie ·

Mense probeer maar net simpatie betoon en na die beste van hulle vermoë die gesin moed inpraat, dan kom daar nou weer die aanvalle en sarkasme vorendag op die forums en gesprekskolomme. MENSE PROBEER ten minste, waardeer dit eerder, niemand weet wat dit is om ‘n kind te verloor behalwe die ouer self nie .. die mense wat simpatiseer dink maar aan die beste ding om te se en dit PAS dalk nie altyd die oorledene se ouers nie. Dit is ongelukkig hoekom mense later heeltemal onttrek, omdat hulle sleggese word as hulle DURF WAAG simpatie op die ‘verkeerde’ manier betoon. BAIE JAMMER vir die gesin wat ‘n pragpoppie verloor het, ek sal ook kan nou verder niks meer mag sê nie uit vrees vir aanvalle op my. Sterkte aan die ouers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.