Luke Tibbetts, die driejarige seun wat Saterdagaand in die kop geskiet is in Westbury, in die weste van Johannesburg, is Vrydagmiddag oorlede.
Ao. Gordon Billing, ʼn woordvoerder van die polisie, het Vrydag aan Maroela Media bevestig dat die seuntjie in die hospitaal oorlede is. Luke is sedert die skietery deur masjiene aan die lewe gehou. Hy is Maandag breindood verklaar.
Die skietery het Saterdagaand op die hoek van Statler- en Croesusstraat plaasgevind.
Luke het Saterdag saam met sy ma, drie ander kinders en twee volwassenes in ʼn motor gery toe ʼn dwaalkoeël hom getref het.
ʼn 28-jarige man, Keenan Mokwena, het in ’n afsonderlike voertuig in die gebied gery en is in sy regterarm getref. Mokwena is vandeesweek ook in verband met die skietery in hegtenis geneem.
Lindray Khakhu (24) is kort na die skietery in hegtenis geneem.
Albei mans word nou van moord aangekla. Hulle het reeds in die hof verskyn. Die saak is tot later die maand uitgestel vir verdere ondersoek.
Lees ook:
Westbury-skietery: Tweede verdagte vas
Man ondervra oor Westbuty-skietery
Man in hof oor Westbury-skietery
Driejarige steeds kritiek ná skietery
Driejarige kritiek ná Westbury-skietery
Innige simpatie aan sy ouers en familie.
Westbury is n dwelm paradys,
Dis vreeslik erg en onnodig. Sterkte aan die ouers.