Driejarige sterf toe huis brand

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Cullan Smith/Unsplash)

Elton Saterdag, ʼn driejarige seuntjie, is Dinsdag in die vroeë oggendure dood toe ʼn brand uitgebreek het in die plakkershuis waar hy geslaap het.

Die polisie in die Oos-Kaap is omstreeks 01:00 ontbied na ʼn brand in Virgostraat in die Barcelona- informele nedersetting in Gelvandale.

“Ná die brand geblus is, is die liggaam van die driejarige Elton gevind. Die seuntjie se 34-jarige ma, sy 10-jarige sussie en ʼn vyf maande oue baba het beserings opgedoen, maar kon uit die brandende huis ontsnap.”

Die ma het brandwonde aan haar arms en rug opgedoen en die 10-jarige meisie het brandwonde aan haar arm en been opgedoen. Die baba het geringe skraapwonde opgedoen. Hulle is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die oorsaak van die brand is vermoedelik ʼn kers wat omgeval het. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Swerwer

Ai, dit is so hartseer. Deur hoeveel jare heen is daar waarskuwings oor brandende kerse, en brande wat ontstaan as gevolg van brandende kerse, nogsteeds nis daar mense wat nie gehoor gee nie. Leef asseblief liewer in donkerte as om ‘n kers te laat brand.