Driejarige verdrink by huis in Boksburg

Argieffoto

ʼn Driejarige seuntjie het Saterdagmiddag verdrink by ʼn huis in Boksburg aan die Oos-Rand.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 14:15 na die toneel ontbied. “Volgens persone op die toneel het die driejarige met sy fietsie gery toe hy in die swembad geval het. ʼn Gesinslid het op hom afgekom.”

Herbst het bygevoeg paramedici het alles in hul vermoë gedoen om sy lewe te red. Alle pogings was egter tevergeefs. Hy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pieps ·

Eks seker maar n baie paranoid MA, maar ek Los my kinders nie Alleen vir 5 minute nie, as ek nie buite sit nie, speel hulle nie buite nie, as ek in die Kombuis kos Maak, sit hulle weg van die warm goed Voor die tv tot ek klaar is. Al speel hulle in die kamer roep ek Elke nou en Dan en hulle weet om te Antwoord Dan weet ek als is fine, as hulle net 15minute te lank stil is gaan Kyk ek, en badkamer duer is altyd toe, dis nou so tragies en onnodig, my Jongste suentjie is 2 en ek weet hoe Vinnig hulle seer kry, en dis Voor my oe en by oupa hulle is swembad gesluit met n slot. Ek judge nie, ek se manet n ongeluk gebeur Vinnig, maar wees seker hulle is in Jou oe sig

Tragieslik ·

Ek was ook so ‘n mamma, maar in selfs 1 minuut se tyd kan ‘n frats ongeluk gebeur.

Petro ·

My kind swem soos ‘n vis al vandag hy 3 jaar oud is en steeds los ek hom nie alleen by die swembad nie al is al 6 en swem deesdae gala’ s…
Innige simpatie met die ouers.. Dit gebeur in ‘n oogwink
?

Zelda ·

15 min is lank genoeg vir n kind om iets oor te kom. Ons moet ophou mekaar oordeel…dit vat sekondes vir n ongeluk om te gebeur. Net n sekonde…. ons weet nie die omstandighede nie. My hart is baie seer vir die mamma. Ek self het klein kinders en ek huil saam met die mamma

Werner ·

Ek is baie jammer om te hoor. Sterkte aan die ouers. As daar klein kinders is sit n net op. Dis al wat veilig is en kos so tussen R 3000 en R5000.

Zetti ·

Dink nie hierdie ouers wil nou hoor hoe goed julle na julle kinders kyk nie. Ons weet almal hoe vinnig enige ongeluk gebeur. Hoe moet daardie mamma nou voel? So asof sy gefaal het om na haar kind te kyk. Ja n swembad net sou gehelp het maar wat help dit julle se dit nou. Klink eerder soos verwyte. Bid eerder dat dit nooit met jou gebeur nie. Jy kan hoe goed na jou kind kyk, enige iets kan gebeur.
Mag God julle vertroos in hierdie hartseer tyd.

Alida ·

Ag genade dit is tragies. Om iets te se sal niemand nou beter laat voel nie. Dit moes nie gebeur het nie.

christa ·

kla die ouers aan. Ouers wil altyd hulself verontskuldig. Eerstens hoort die swembad omhein te wees. Ouers los klein kindertjies om op hulle eie te speel met ‘n swembad op die perseel. Gelukkig is die kindjie nou veilig waar hy geen skade kan opdoen nie

Bog ·

Om uit te roep elke 15 minute? Baie kan gebeur in 1 minute. Ek weet van n kind wat verdrink het wat kon swem. Die temperatuur van die water het die hart laat staan.
Baie simpatie vir die familie.

Gesiggie ·

My innige meegevoel… net een vraag? hoe laat jy jou 3 jarige kind alleen as jy weet daar is n swembad? en hoe lank voordat die familie uitgevind het dat die kind in swembad is….n ongeluk gebeur vining, maar enige ouer moet weet… n swembad is gevaarlik , daar moet altyd toesig wees. Sterkte aan die familie.. RIV klein seuntjie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.