Driejarige verdrink by huis in Boksburg

Argieffoto

ʼn Driejarige seuntjie het Saterdagmiddag verdrink by ʼn huis in Boksburg aan die Oos-Rand.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 14:15 na die toneel ontbied. “Volgens persone op die toneel het die driejarige met sy fietsie gery toe hy in die swembad geval het. ʼn Gesinslid het op hom afgekom.”

Herbst het bygevoeg paramedici het alles in hul vermoë gedoen om sy lewe te red. Alle pogings was egter tevergeefs. Hy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anoniem

Hartseer ! Sterkte en Jesus alleen sal Julle vertroos ?

Pieps

Eks seker maar n baie paranoid MA, maar ek Los my kinders nie Alleen vir 5 minute nie, as ek nie buite sit nie, speel hulle nie buite nie, as ek in die Kombuis kos Maak, sit hulle weg van die warm goed Voor die tv tot ek klaar is. Al speel hulle in die kamer roep ek Elke nou en Dan en hulle weet om te Antwoord Dan weet ek als is fine, as hulle net 15minute te lank stil is gaan Kyk ek, en badkamer duer is altyd toe, dis nou so tragies en onnodig, my Jongste suentjie… Lees meer »

Werner

Ek is baie jammer om te hoor. Sterkte aan die ouers. As daar klein kinders is sit n net op. Dis al wat veilig is en kos so tussen R 3000 en R5000.

Zetti

Dink nie hierdie ouers wil nou hoor hoe goed julle na julle kinders kyk nie. Ons weet almal hoe vinnig enige ongeluk gebeur. Hoe moet daardie mamma nou voel? So asof sy gefaal het om na haar kind te kyk. Ja n swembad net sou gehelp het maar wat help dit julle se dit nou. Klink eerder soos verwyte. Bid eerder dat dit nooit met jou gebeur nie. Jy kan hoe goed na jou kind kyk, enige iets kan gebeur.
Mag God julle vertroos in hierdie hartseer tyd.

Alida

Ag genade dit is tragies. Om iets te se sal niemand nou beter laat voel nie. Dit moes nie gebeur het nie.