Driejarige verdrink by huis in Edenvale

(Argieffoto: pixabay)

ʼn Driejarige seuntjie is by ʼn huis in Edenvale in Gauteng dood verklaar nadat paramedici vergeefs probeer het om hom by te bring.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici was Sondag kort voor 13:00 by die huis waar hulle die seuntjie se gesin aangetref het. Hulle was op pad om die kind self na ʼn hospitaal te neem.

Volgens Meiring het paramedici hom ondersoek, maar geen tekens van lewe gevind nie. Hulle het ook dadelik met kunsmatige asemhaling en gevorderde lewensondersteuning begin in ʼn poging om die kind by te bring.

“Ongelukkig, ná 40 minute en ondanks die beste pogings van die paramedici, was daar steeds geen tekens van lewe nie en die kind is dood verklaar,” het Meiring gesê.

Die omstandighede rakende die voorval was nie in daardie stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chantz ·

Ai dis hart verskerend. Mag God julle toevou in Sy arms deur hierdie tyd en julle die nodige troosting gee.

Genis ·

Joh mens word sommer so yskoud.. Water is soos n magneet vir kleintjies… Baie jammer vir julle verlies, mag God julle vertroos en sy arms om julle vou..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.