Driejarige verdrink byna in Durban-swembad

Swembaddens op Durban se strand Foto: bugbog.com

Swembaddens op Durban se strand Foto: bugbog.com

ʼn Driejarige is in ʼn ernstige toestand nadat hy byna in een van die swembaddens op Durban se strand verdrink het.

“Die ma het die kind in die water sien dryf en hom uitgehaal,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê.

Lewensredders was reeds besig om die kind by te staan toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Nadat die kind gestabiliseer is, het hulle hom na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

CHRISTA ·

Ek sien die ma was darem daar om die kind UIT die swembad te haal. Waar was sy toe die kind IN die swembad geval het?

Marelise ·

Christa, sulke dinge gebeur in ‘n oogwink. Ek was ook een van daardie mense wat altyd gevra het: “Waar was die ouers…hoekom het hulle nie gekyk nie?” En toe gebeur dit met my, my kind glip onder my oë uit, kruip deur die “doggy door” en land in die swembad. Minute later kry ek hom drywend en kastei myself oor hoe ek dit kon laat gebeur het. Hoekom het ek vir 3 minute weg gekyk? Hoe kon ek?

Maar die realiteit is dat dit in ‘n oogwink gebeur, en ek kan my indink dat ‘n vol swembad se risiko soveel groter is. Genadiglik het God my seuntjie gespaar en na maande se rehab, bid en glo, is daar amper geen meer tekens van die verdrinking nie.

Moenie oordeel nie Christa…dit kom niemand toe nie!

Saartjie ·

Sjoe Christa, die kommentaar is darem konstant negatief. In hierdie geval is dit genade dat die moeder die kind betyds gesien het, Gewoonlik het sulke stories nie ‘n gelukkige einde nie, EN ‘n ongeluk gebeur baie vinnig. Soveel te meer met hordes mense langs ‘n swembad. Jy het nog jou oog op jou kind en die volgende oomblik is hy weg. Hoop nie die vinger wys ooit na jou kant toe nie…

Michiel ·

Ek dink regtig ouers moet SORG a shul kind nog nie kan swem dat hy/sy te alle tye “vlerkies” of een of ander iets dra wat hul help dryf. Dit help nie almal spring op Christa nie, dis tog waar – JUIS omdat ongelukke so gou gebeur MOET mens voorsorg tref ne. Leer joukind op die vroegste moontlike ouderdom swem, anders tref maar voorsorg.

Ronel ·

Christa ek self het n 3 jarige en glo my dit gebeur so vinnig geen ouer tensy daar drank betrokke is kan blameer word nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.