Driejarige verdrink in die Noord-Kaap

(Foto verskaf)

Die polisie in Hartswater in die Noord-Kaap doen ʼn geregtelike doodsondersoek ná ʼn driejarige seun verdrink het.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê die seuntjie het Maandag omstreeks 15:30 saam met sy 10-jarige nefie naby die kanaal by die Riemvasmaak Shanties in Hartswater gespeel. “Dit is nie duidelik of die seuntjie in die kanaal geval of gespring het nie. Die 10-jarige seuntjie het hulp ontbied en die polisie is gekontak.”

Enigiemand met inligting oor die voorval kan Melvin Davids kontak by 053 474 1438.

“Die ondersoek duur voort,” het Kock bygevoeg.

Hy het gesê die polisie versoek die gemeenskap om seker te maak dat kinders altyd onder volwasse toesig is wanneer hulle naby water speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
hendrik

Nou sal die boere moet opdok vir heinings om al die kanale.

George in Bloem

Net drie jaar oud? Langs die kanaal onder die “toesig”van ‘n 10 jarige?Ondersoek gerus waar was die ouers en kla hulle aan. Hierdie soort gruwelike nalatigheid kom gereeld voor.

Risa

George wat as die ouers in die werk was en die toesighouer of ouer sus of boeta wat moes kyk, was nalatig. Dit is nie altyd dieouers ni

Toetsie

Ek stem saam met George! Hierdie afgelope mnde van 2019 is die nuus oorspoel van sulke gevalle! Almal kinders van bruin en swart gemeenskappe waar ouers nie teenwoordig was nie! Dit is mos nou maar hul tradisie om kinders in d strate te laat ronddwaal wanneer hul soms skaars kan loop, om klein kindertjies die oppassers te maak en om hul kinders by enige iemand te los. Daar is altyd verskonings uit eie geledere!!! Laaang trane van sogenaamde ouers op t.v… Sien jul hierdie gebeure onder Indiërs en blanke mense gereeld?? Dit maak my siek dat sulke mense kinders kry!… Lees meer »