Driejarige verdrink in meer in Pretoria

(Argieffoto: ER24)

ʼn Driejarige seuntjie het Saterdagmiddag in ʼn meer in Pretoria verdrink.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici om 16:35 op die toneel in Erasmuspark aangekom.

“Die seuntjie was reeds uit die water gehaal en gesinslede en ʼn dokter het toe met mond-tot-mond-asemhaling begin.”

Paramedici het die seuntjie ondersoek en hy het geen tekens van lewe getoon nie. “Hy is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Meiring het ʼn roeier die seuntjie in die water sien dryf en hom onmiddellik uit die water gehaal.

Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie duidelik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nella ·

Baie hartseer. Sterkte aan die ouers.
Dit gebeur so vinnig. My senuwees hou dit nooit as ons naby water is met kleintjies nie. My oë dwaal nie weg van die kinders en water nie.

Cherokee ·

Ag seblief grootmense, kyk na julle s’n spruite asseblief. Hulle vertrou op julle.

Carl ·

Kom ons hoop dat die ouers nie met n bottel in die gestaan het, tydens die gebeure nie.

popsa ·

Ek wil vra: Hoekom? Oor en oor en oor in die laaste maande in die nuus…kleingoed wat verdrink…amper verdrink…sukkel om te herstel ná byna-verdrinking…en en en…stories van diep hartseer. Ons is net mense, dit besef ons almal. En ons harte breek vir die familie wat kleingoed só verloor. Maar juis daarom… Kindertjies en diep water is droefheid! Moet geen, geen, géén kanse vat nie. Ouers, oppassers, grootouers, familie, vriende, versit asseblief hemel en aarde, maar weet dat kindertjies selfs onder ons oë baie, baie maklik kan verdrink. Kom ons leer uit hierdie uiterste hartseer… Baie, baie sterkte aan hierdie kosbare seuntjie se geliefdes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.