Driejarige verdrink in Potchefstroom

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Driejarige meisie het Woensdagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Potchefstroom, Noordwes, verdrink.

“Verpleegpersoneel van ʼn nabygeleë kliniek het reeds met KPR begin toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die paramedici het by hulle oorgeneem en gevorderde lewensondersteuning toegepas. Ná 40 minute was daar ongelukkig nog steeds geen tekens van lewe nie, en die dogtertjie is op die toneel dood verklaar.”

Bure het glo die kind uit die swembad gehaal.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

BURE het die kind uit die swembad gehaal ? Dus GEEN toesig oor die kind ? Indien so , dan is ‘n geregtelike ondersoek aan die kom ?

Martin ·

Peet ek hoop daar word nou ‘n voorbeeld gemaak. Mense gee net nie om nie. Daar is spesifieke Munisipale wette wat betref swembaddens. Baie duidelik is hierdie wette nie nagekom nie, en die ouers was nalatig. Ek hoop van harte Maroela plaas wat ek hier skryf. Die kind se dood was so onnodig. Die ouers kan net hulself blameer.

Eliza-beth ·

NETTE oor swembaddens in vadersnaam! Hoeveel onskuldige kinders moet nog verdrink voor dit wetgewing gemaak word en STRENG toegepas word?

Wim ·

Ons installeer veiligheidsnette al 37 jaar en dit kos sowat R3800. Elke keer wat ek van so iets lees dink ek ai hoe onnodig. Sterkte met jul groot hartseer. Ons ken dit ook en huil vandag nog daaroor.

Bleek Sannie ·

My hart gaan uit na die ouers en familie van die kindjie! Hoe verskriklik moet die verdriet wees, hoe ewig rou die pyn en selfverwyt wanneer ‘n kind aan die dood afgestaan moet word. Hoop julle vind elke dag nuwe troos en krag van Bo.

Jaco ·

Rus in vrede kleintjie. coulda woulda shoulda help met niemand se pyn nie.

alida ·

Genade tog waar was die ouers? Ek besef soiets gebeur binne sekondes en verwyt niemand nie, maar om hemelsnaam beveilig julle swembaddens en pas julle kinders op. Sterkte vir die ouers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.